SPREUKE 28:1-28

SPREUKE 28:1-28 Afrikaans 1983 (AFR83)

Die goddelose hardloop weg al jaag niemand hom nie; die regverdiges het die moed van 'n leeu. As daar opstand is in 'n land, is daar baie wat na mag gryp; as daar iemand met wysheid en kennis is, bly hy lank aan die bewind. 'n Man wat self arm is en arm mense uitbuit, is soos 'n reën wat alles verspoel, sodat daar niks te ete oorbly nie. Wie die wet van die Here verontagsaam, praat met lof van goddelose mense; wie die wet onderhou, beveg hulle. Slegte mense het geen begrip van wat reg is nie; dié wat na die wil van die Here vra, het 'n goeie begrip van alles. Liewer arm wees en eerbaar lewe as oneerlik lewe en ryk wees. 'n Verstandige seun hou hom aan die wet van die Here; as die seun maats maak met mense wat vir niks eerbied het nie, bring hy skande oor sy vader. Wie groot rykdom versamel deur mense uit te buit, versamel dit vir iemand wat hom oor arm mense sal ontferm. As iemand hom doof hou vir die wet van die Here, sal die Here 'n afsku hê van so 'n man se gebed. Wie eerlike mense mislei sodat hulle die verkeerde pad loop, sal self in die gat val wat hy gegrawe het; die opregte sal voorspoed geniet. 'n Ryk man kan dink hy het die wysheid in pag, maar 'n arm mens met insig sien deur hom. As regverdiges rede tot blydskap het, praat almal met trots daaroor, as goddelose mense aan die bewind kom, kruip die mense weg. Wie sy sonde wegsteek, moet niks goeds te wagte wees nie; wie sy sonde bely en daarvan afsien, sal genade ontvang. Dit gaan goed met 'n mens wat altyd versigtig is; maar iemand wat moedswillig is, sal ondergaan. 'n Brullende leeu, 'n beer wat wil rondstorm, so is 'n goddelose regeerder oor 'n weerlose volk. As 'n heerser verstandigheid kortkom, is daar baie verdrukking; wie uitbuiting haat, lewe lank. 'n Man wat moord op sy gewete het, moet op die vlug bly tot sy dood toe. Niemand moet hom help nie. Wie 'n eerbare lewe lei, sal hulp ontvang; wie 'n oneerlike lewe lei, sal onverwags tot 'n val kom. Wie sy grond bewerk, het volop om te eet; wie hom besig hou met nuttelose dinge, word brandarm. 'n Betroubare man is baie voorspoedig; een wat gou ryk wil word, sal sy straf kry. Dit is nie reg dat mense partydig is en sondig nie, selfs nie ter wille van 'n stukkie kos nie. 'n Inhalige mens wil gou ryk word; hy besef nie dat daar vir hom gebrek wag nie. Wie iemand teregwys, kry eerder agterna dank as wat 'n vleier dit kry. Wie sy ouers besteel en sê: “Ek doen niks verkeerds nie,” is niks anders as 'n rower nie. 'n Gierige mens veroorsaak rusie; een wat op die Here vertrou, is voorspoedig. Wie op homself vertrou, is 'n dwaas; wie hom deur wysheid laat lei, is veilig. Wie vir 'n arm mens iets oor het, sal self niks kortkom nie, maar wie anderpad kyk, sal baie verwensings hoor. As goddelose mense aan die bewind kom, kruip die mense weg, as die goddeloses ondergaan, kry die regverdiges die mag.

SPREUKE 28:1-28 Bybel vir almal (ABA)

'n Mens wat verkeerd doen, vlug, ook wanneer niemand hom jaag nie. Maar mense wat reg lewe, is so dapper soos 'n leeu. Wanneer die mense in 'n land opstandig word, dan is daar baie mense wat leiers wil wees. Maar wanneer daar 'n verstandige mens is wat weet wat die regte ding is om te doen, dan sal hy lank regeer. 'n Arm mens wat ander arm mense verdruk, is soos reën wat al die grond wegspoel, sodat daar niks is om te eet nie. Mense wat nie doen wat die Here wil hê nie, prys die mense wat verkeerd doen, mense wat doen wat die Here wil hê, hou nie van die mense wat verkeerd doen nie. Slegte mense weet nie hoe om reg te doen nie, maar mense wat die Here dien, weet altyd wat om te doen. Dit is beter om arm en eerlik te wees as om oneerlik te wees en dan ryk te word. 'n Verstandige seun doen wat die Here wil hê, maar 'n pa voel sleg wanneer sy seun vriende is met mense wat altyd wil spot. Iemand wat ryk word omdat hy mense te veel rente laat betaal, maak baie goed bymekaar, maar eendag sal iemand anders wat jammer is vir arm mense, daardie goed kry. Wanneer iemand nie wil hoor wat die Here in sy wette sê nie, dan sal die Here dit haat wanneer daardie mens bid. Wanneer iemand eerlike mense verlei sodat hulle verkeerd lewe, dan sal dit sleg gaan met hom, maar dit sal goed gaan met mense wat heeltemal reg lewe. 'n Ryk mens sal miskien dink dat hy baie wysheid het, maar 'n arm mens wat verstandig is, weet watter soort mens die ryk mens is. Wanneer mense wat reg lewe, bly is, dan is almal trots daarop, maar wanneer mense wat verkeerd doen, begin regeer, dan kruip die ander mense weg. Wanneer iemand sy sondes wegsteek, dan sal dit nie goed gaan met hom nie, maar wanneer hy sy sondes bely en ophou om sonde te doen, dan sal die Here weer goed wees vir hom. Dit gaan goed met iemand wat altyd bang is vir die Here, maar dit sal sleg gaan met iemand wat hardkoppig en ongehoorsaam is. Wanneer iemand wat altyd verkeerd doen, regeer oor mense wat hulleself nie kan beskerm nie, dan is hy soos 'n leeu wat brul of soos 'n beer wat mense wil doodmaak. 'n Onverstandige koning verdruk sy mense, maar 'n koning wat dit haat om oneerlik te wees, sal lank regeer. Wanneer 'n persoon iemand vermoor het, dan sal hy moet aanhou vlug totdat hy ook sterf, en niemand moet hom help nie. Wanneer iemand eerlik lewe, dan sal hy veilig wees, maar wanneer hy oneerlik is, dan sal hy skielik val. Wanneer iemand in sy grond werk, dan sal hy genoeg hê om te eet. Wanneer hy dinge doen wat niks beteken nie, dan sal hy arm bly. Dit gaan baie goed met iemand wat altyd doen wat hy belowe, maar die Here sal die persoon straf wat gou ryk wil word. Dit is verkeerd om téén een persoon en vír 'n ander persoon te wees wanneer jy moet oordeel. 'n Mens moenie sonde doen nie, ook nie wanneer iemand vir jou met 'n stukkie kos wil betaal nie. 'n Suinige mens wil altyd meer hê, hy weet nie dat hy arm sal word nie. Wanneer iemand vir jou waarsku en sê hoe jy moet lewe, dan sal jy later vriendelik wees met hom, maar jy sal nie vriendelik wees met iemand wat net dinge sê om jou gelukkig te laat voel nie. Iemand wat sy ouers se goed steel en dan sê hy doen niks verkeerd nie, is 'n skelm en 'n dief. Iemand wat altyd meer wil hê, laat mense twis met mekaar. Die persoon wat in die Here glo, word ryk. Iemand wat dink net hy is reg, is 'n dwaas, iemand wat wysheid het, sal vry wegkom. Iemand wat van sy goed vir arm mense gee, sal nooit te min hê nie, maar wanneer iemand wegkyk en nie arm mense wil help nie, dan sal baie mense hom vervloek. Wanneer mense wat verkeerd doen, begin regeer, dan kruip die ander mense weg. Wanneer die mense wat verkeerd doen, sterf, dan word die mense wat reg lewe, baie.

SPREUKE 28:1-28 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)

DIE goddelose vlug sonder dat daar 'n vervolger is, maar die regverdiges voel hulle veilig soos 'n jong leeu. Deur die oortreding van 'n land word sy vorste baie, maar deur 'n verstandige mens met kennis is die reg duursaam. 'n Man wat arm is en die armes verdruk, is soos 'n reën wat wegspoel en geen brood bring nie. Die wat die wet verlaat, hulle prys die goddelose; maar die wat die wet onderhou, word vererg oor hulle. Slegte mense verstaan die reg nie, maar die wat die HERE soek, verstaan alles. Die arme wat in sy regskapenheid wandel, is beter as die verkeerde wat twee paaie wil loop en daarby ryk is. Wie die wet bewaar, is 'n verstandige seun; maar hy wat met deurbringers omgaan, steek sy vader in die skande. Wie sy goed vermeerder deur rente en deur woeker, maak bymekaar vir een wat hom oor die armes sal ontferm. Wie sy oor wegdraai om nie na die wet te luister nie, selfs sy gebed is 'n gruwel. Wie die opregtes laat verdwaal op 'n verkeerde weg, sal self in sy eie kuil val; maar die regskapenes sal die goeie beërwe. 'n Ryk man is wys in sy eie oë; maar 'n arme wat verstandig is, ondersoek hom terdeë. As die regverdiges juig, is die heerlikheid groot; maar as die goddelose opkom, moet die mense gesoek word. Hy wat sy oortredinge bedek, sal nie voorspoedig wees nie; maar hy wat dit bely en laat staan, sal barmhartigheid vind. Gelukkig is die mens wat gedurigdeur vrees; maar hy wat sy hart verhard, sal in die onheil val. 'n Leeu wat brom, en 'n beer wat hongerig is, so is 'n goddelose wat oor 'n arm volk heers. 'n Vors wat gebrek aan verstand het, is wel ryk aan afpersinge, maar die wat onregverdige wins haat, sal die dae verleng. 'n Mens wat gedruk word deur die bloed van 'n mens, sal vlug tot by die graf; laat niemand hom vashou nie. Wie opreg wandel, sal gehelp word; maar hy wat verward is, wat die twee paaie betref, sal meteens val. Wie sy land bewerk, het volop brood; maar hy wat nietighede najaag, het armoede volop. 'n Betroubare man is ryk aan seëninge; maar hy wat haastig is om ryk te word, sal nie ongestraf bly nie. Om partydig te wees, is nie goed nie, want ook vir 'n stuk brood kan 'n man 'n oortreding begaan. 'n Afgunstige man oorhaas hom om ryk te word, en hy weet nie dat gebrek oor hom sal kom nie. Hy wat 'n mens teregwys, sal agterna meer guns vind as hy wat vlei. Wie sy vader of sy moeder berowe, en sê: Dit is geen oortreding nie! — hy is 'n bondgenoot van 'n man wat verderflik handel. Die hebsugtige verwek twis; maar hy wat op die HERE vertrou, word verkwik. Wie op sy eie hart vertrou, hy is 'n dwaas; maar hy wat in wysheid wandel, word gered. Wie aan die arme gee, sal nie gebrek ly nie; maar hy wat sy oë toemaak, word swaar vervloek. As die goddelose opkom, verberg die mens homself; maar as hulle omkom, word die regverdiges baie.

SPREUKE 28:1-28 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)

'n Goddelose vlug sonder dat iemand hom agtervolg, maar regverdiges is vol vertroue, soos 'n jong leeu. Wanneer 'n land oortree, is daar baie •aanvoerders, maar deur die toedoen van iemand met insig en kennis sal dit wat reg is, voortduur. 'n Man wat arm is en armes uitbuit, is soos reën wat verspoel – dan is daar geen brood nie. Dié wat die wet verontagsaam, prys goddeloses, maar dié wat die wet nakom, staan hulle teë. Slegte mense verstaan nie wat reg is nie, maar hulle wat die HERE soek, verstaan alles. 'n Arme wat onberispelik leef, is beter as 'n vals persoon wat op twee paaie loop terwyl hy ryk is. Wie hou by die wet, is 'n seun met insig; wie egter met roekeloses meng, steek sy vader in die skande. Wie sy rykdom vermeerder deur rente en woekerrente – hy maak dit net bymekaar vir iemand wat hom oor armes ontferm. Wie sy oor wegdraai, sodat hy nie na die wet hoef te luister nie – selfs sy gebed is afstootlik. Hy wat opregtes laat afdwaal op 'n verkeerde pad, sal self in sy vanggat val; maar hulle wat onberispelik is, sal die goeie in besit neem. 'n Ryk man is wys in sy eie oë, maar 'n arme met insig sien deur hom. Wanneer regverdiges jubel, is die roem groot; maar wanneer goddeloses oorneem, kruip die mense weg. Wie sy oortredings bedek, sal nie sukses behaal nie; maar hy wat dit bely en dit laat vaar, ervaar ontferming. Gelukkig is 'n mens wat voortdurend ontsag koester vir God! Maar wie sy hart verhard, stort in die ellende. 'n Leeu wat grom, en 'n beer wat aangestorm kom, so is 'n goddelose wat heers oor 'n arm volk. 'n •Leier wat 'n groot uitbuiter is, het 'n gebrek aan insig; hulle wat egter 'n weersin het in onregverdige wins, sal lank bly leef. 'n Mens belas met die bloed van 'n ander, sal moet vlug, tot die dood toe – mense moet hom nie ondersteun nie. Wie onberispelik leef, ontvang hulp; maar wie twee krom paaie volg, sal op een tot 'n val kom. Wie sy grond bewerk, eet hom versadig aan brood; maar wie nietighede najaag, sal hom versadig eet aan armoede. 'n Betroubare man ervaar baie seëninge; maar wie vinnig ryk wil word, sal nie ongestraf bly nie. Om partydig te wees, is nie goed nie; vir 'n stukkie brood kan 'n man oortree. 'n Gierigaard is oorywerig om ryk te word, en hy weet nie dat gebrek vir hom voorlê nie. Wie 'n mens teregwys, ervaar daarna goedgesindheid, meer as hy wat vlei met die tong. Wie sy vader en moeder beroof en sê, “Dit is geen oortreding nie”, is die bondgenoot van 'n verwoester. 'n Gulsige persoon sit 'n stryery aan die gang; maar wie op die HERE vertrou, gedy. Wie op sy eie hart vertrou, hy is 'n dwaas; maar wie met wysheid leef, hy kom vry. Wie aan 'n arme gee, ly geen gebrek nie; maar wie sy oë sluit, word baie vervloek. Wanneer goddeloses oorneem, soek mense skuiling; maar wanneer goddeloses omkom, word die regverdiges meer.

SPREUKE 28:1-28 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)

Die goddelose vlug as niemand agtervolg nie, maar die regverdiges is dapper soos 'n leeu. Oor die oortreding van 'n land is sy vorste baie, maar deur 'n man van verstand en kennis sal sy toestand verleng word. 'n Arm man wat die armes verdruk, is soos 'n reën wat vee wat geen kos laat nie. Die wat die wet verlaat, prys die goddelose, maar die wat die wet onderhou, twis met hulle. Slegte mense verstaan nie reg nie, maar die wat die HERE soek, verstaan alles. Beter is die arme wat in sy opregtheid wandel, as hy wat verkeerd is in sy weë, al is hy ryk. Wie die wet onderhou, is 'n wyse seun, maar hy wat 'n metgesel is van oproeriges, beskaam sy vader. Wie met woeker en onregverdige wins sy besittings vermeerder, moet dit insamel vir hom wat hom oor die armes ontferm. Wie sy oor afkeer om nie na die wet te luister nie, selfs sy gebed sal 'n gruwel wees. Wie die regverdige op 'n slegte weg laat dwaal, hy sal in sy eie put val; maar die opregte sal goeie dinge in besit hê. Die ryk man is wys in sy eie verwaandheid; maar die arme wat verstand het, deursoek hom. As regverdige mense bly is, is daar groot heerlikheid; maar as die goddelose opstaan, word 'n man verborge. Hy wat sy sondes bedek, sal nie voorspoedig wees nie; maar hy wat dit bely en laat staan, sal barmhartig wees. Gelukkig is die man wat altyddeur vrees, maar hy wat sy hart verhard, val in die onheil. Soos 'n brullende leeu en 'n beer wat waai; so is 'n goddelose heerser oor die arm mense. Die vors wat verstand ontbreek, is ook 'n groot verdrukker; maar hy wat hebsug haat, sal sy dae verleng. 'n Man wat geweld aandoen met die bloed van iemand, moet na die kuil vlug; laat niemand hom laat staan nie. Wie opreg wandel, sal gered word; maar hy wat verkeerd is in sy weë, sal dadelik val. Hy wat sy land bewerk, sal brood hê in oorvloed; 'n Betroubare man is oorvloedig met seëninge, maar hy wat haastig is om ryk te word, sal nie onskuldig wees nie. Dit is nie goed om die persoon te respekteer nie, want vir 'n stukkie brood sal die mens oortree. Hy wat haastig is om ryk te word, het 'n bose oog en dink nie dat armoede oor hom sal kom nie. Hy wat 'n mens daarna bestraf, sal meer guns vind as hy wat vlei met die tong. Hy wat sy vader of sy moeder beroof en sê: Dit is geen oortreding nie; dieselfde is die metgesel van 'n vernietiger. Hy wat hoogmoedig is, verwek twis, maar hy wat op die HERE vertrou, word vet gemaak. Hy wat op sy eie hart vertrou, is 'n dwaas; maar wie verstandig wandel, sal gered word. Hy wat aan die armes gee, sal nie ontbreek nie; maar hy wat sy oë verberg, sal baie vloek hê. Wanneer die goddelose opstaan, verberg die mense hulleself; maar as hulle omkom, vermeerder die regverdiges.

SPREUKE 28:1-28 Die Boodskap (DB)

’n Ongelowige se slegte gewete laat hom onrustig voel. Hy is soos iemand wat weghardloop al jaag niemand hom nie. ’n Gelowige ervaar kalmte. Hy is soos ’n leeu in sy veilige skuilplek. ’n Land waar korrupsie en misdaad hoogty vier, kry die een slegte leier na die ander. Iemand met kennis van die lewe en praktiese vaardighede kan ’n land van die afgrond red. ’n Arm mens wat die armes onderdruk, is soos ’n haelstorm wat alles verwoes. Hongersnood en baie ellendes is dan die armes se voorland. Iemand wat nie meer na die woord van die Here luister nie, is soos ’n ongelowige. Iemand wat die woord ernstig opneem, kom nie met slegte mense klaar nie. Slegte mense het geen begrip van wat reg of verkeerd is nie. Mense wat die Here ken, weet wat om te doen en wat om nie te doen nie. ’n Arm mens wat reg leef, is beter daaraan toe as ’n ryke wie se lewe krom en skeef is. ’n Seun wat die woord liefhet, is slim. Hy maak sy pa baie bly. Wie met vrate en dronklappe bevriend is, is vir sy ouers ’n verleentheid. Wie die kuns van geldmaak verstaan, moet hom ook oor die armes ontferm. Wie nie meer na die woord van die Here luister nie se gebede beteken niks nie. Wie verkeerde dinge teen gelowiges beplan, sal self in die put van ellende val. Wie die Here liefhet, sal die goeie van die lewe ervaar. ’n Ryk mens is slim in sy eie oë. ’n Arme wat die lewe ken, kyk dwarsdeur hom. As gelowiges regeer, is daar blydskap. Almal word dan bevoordeel. As slegte mense die mag oorneem, is almal bang. Mense onttrek hulle of emigreer. Wie sy oortredings toesmeer, sal nooit gelukkig wees nie. Wie sy sonde bely en nooit weer slegte dinge wil doen nie, sal die Here se liefde ervaar. Wie die Here altyd liefhet, ervaar blydskap. Wie sy hart hard maak, sal nooit gelukkig wees nie. Soos ’n brullende leeu en ’n honger beer, so is ’n slegte leier wat hulpeloses en armes se regte vertrap. Hy maak hulle lewe net nog moeiliker. ’n Regeerder sonder insig in die regte manier van lewe, sal sy mag misbruik. Wie wanpraktyke haat, sal lank regeer. ’n Moordenaar wat onskuldige mense doodmaak, verdien geen genade nie. Tot sy dood toe sal hy van God verlate wees. Niemand moet hom probeer help nie. Iemand wat reg leef, is veilig in die hand van die Here. Wie verkeerde dinge doen se lewe is ’n nagmerrie. Wie hard werk, het genoeg om te eet. Wie rondstaan en niks doen nie, sal arm word. ’n Betroubare mens ervaar baie seëninge. Wie vinnig ryk wil word, verbrand sy vingers. Om kant te kies in enige saak is verkeerd. Al het jy dit hoe nodig, omkoopgeskenke is ’n gruwel. ’n Suinige en jaloerse mens sal alles doen om ryk te word. Op die ou einde het hy nog steeds niks nie. Wie die moed het om mense mooi op hulle foute te wys word meer gerespekteer as iemand wat hulle net heeltyd vlei. Wie sy ouers uitbuit en nie daaroor skuldig voel nie, is soos ’n dief wat vir niemand omgee nie. Iemand wat net aan homself dink en net homself verryk, maak mense woedend. Hulle wil niks met hom te doen hê nie. Wie op die Here vertrou, is ryk en voorspoedig. Iemand wat net op sy eie insigte vertrou, is dom. Wie die spreuke ernstig opneem, spaar homself baie ellende. Wie vir die armes omgee, sal nooit swaarkry nie. Wie blind is vir hulle ellende, sal self baie swaarkry. Wanneer ’n diktator aan bewind kom, maak goeie burgers hulle uit die voete. Wanneer ’n bose regering van die toneel verdwyn, kan gelowiges weer die mag oorneem.

SPREUKE 28:1-28 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Goddeloses vlug weg, al jaag niemand hulle nie. Regverdiges is so dapper soos leeus. As daar opstand is in ’n land wissel die leiers vinnig. As ’n wyse en kundige aan bewind kom, is daar lank vastigheid in die land. ’n Man wat self arm is en ander arm mense uitbuit, is soos stortreën wat alles wegspoel sodat daar niks kos oorbly nie. Mense wat die wet van God verwerp, praat met lof van die goddelose mense. Mense wat die wet onderhou, weerstaan hulle. Mense wat kwaad doen, het geen begrip van die reg nie. Wie vra na die wil van die HERE verstaan dit volkome. Dit is beter om arm te wees en eerbaar te lewe as om oneerlik te lewe en ryk te wees. ’n Verstandige seun gehoorsaam die eise van God. Een wat hom ophou met ligsinnige mense bring sy pa in die skande. Wie ryk word deur onbillike rente en onregverdige wins sal dit moet oorgee aan iemand wat hom oor armes ontferm. Elkeen wat hom doof hou vir die eise van God, se gebede sal verwerp word. Wie eerlike mense wegrokkel na die verkeerde pad, sal in sy eie strik trap. Mense wat onberispelik lewe, sal goeie dinge erf. ’n Ryk man dink dalk dat hy boonop wys is, maar ’n arm mens met insig kan dwarsdeur hom kyk. Wanneer regverdiges vreugde beleef, is almal bly daaroor; wanneer goddeloses oorneem, kruip al die mense weg. Wie sy oortredings verswyg, sal nie voorspoedig wees nie. Wie sy sonde bely en daarvan afsien, sal genade ontvang. Die mens wat altyd versigtig is, sal gelukkig wees. ’n Hardkoppige persoon sal in kwaad verval. ’n Goddelose regeerder is vir sy weerlose volk soos ’n leeu wat brul en ’n beer wat wil aanval. ’n Heerser sonder insig neig om ander te verdruk. ’n Regeerder wat uitbuiting haat, bly lank aan bewind. ’n Moordenaar se gewete dryf hom die graf in. Niemand moet probeer om hom te help nie. Hy wat ’n eerbare lewe lei, sal veilig wees. Iemand wat ’n dubbele lewe lei, sal daardeur tot ’n val kom. Iemand wat sy grond bewerk, sal volop hê om te eet. Wie met nuttelose dinge boer, sal armoede oes. ’n Betroubare man sal geseën word. Een wat ten alle koste gou ryk wil word, gaan moeilikheid kry. Dit is verkeerd om partydig te wees; tog sal sommige verkeerd optree vir ’n stukkie brood. ’n Geldgierige wil vinnig ryk word. Ongelukkig weet hy nie dat hy gebrek gaan ly nie. Die een wat ander berispe, kry op die einde eerder waardering as die persoon wat ander vlei. Iemand wat sy ouers besteel en dan nog sê: “Ek doen niks verkeerds nie,” is so goed as ’n moordenaar. ’n Gierige persoon veroorsaak rusie. Wie op die HERE vertrou, sal voorspoed ervaar. Wie op sy eie insig vertrou, is ’n dwaas. Wie hom deur wysheid laat lei, word bevry. Hy wat iets gee vir ’n arm mens sal self nooit iets kortkom nie. Iemand wat sy oë vir hulle sluit, sal vervloek wees. Wanneer goddeloses die regering oorneem, kruip die mense weg. Wanneer die goddelose omkom, floreer die regverdiges.