SPREUKE 27:5-6
SPREUKE 27:5-6 Afrikaans 1983 (AFR83)
'n Openlike bestraffing is beter as liefde wat onsigbaar bly. Op 'n vriend wat jou seermaak, kan jy reken; iemand wat jou haat, is oordadig met sy soene.
SPREUKE 27:5-6 Bybel vir almal (ABA)
Dit is beter om eerlik vir iemand te sê wat hy verkeerd doen, beter as om vir hom lief te wees maar dit nie te wys nie. Wanneer 'n vriend jou seermaak, dan doen hy dit omdat hy jou vriend wil bly. Wanneer iemand jou die hele dag wil aanhou soen, dan haat hy jou.
SPREUKE 27:5-6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Openlike teregwysing is beter as verborge liefde. Die wonde deur een wat liefhet, is opreg bedoel, maar die soene deur 'n vyand is oorvloedig.
SPREUKE 27:5-6 Afrikaans 1983 (AFR83)
'n Openlike bestraffing is beter as liefde wat onsigbaar bly. Op 'n vriend wat jou seermaak, kan jy reken; iemand wat jou haat, is oordadig met sy soene.
SPREUKE 27:5-6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
'n Openlike teregwysing is beter as liefde in die geheim. Die wonde deur 'n geliefde toegedien, word opreg bedoel, maar oordrewe is die soene van iemand wat haat.
SPREUKE 27:5-6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Openlike teregwysing is beter as geheime liefde. Getrou is die wonde van 'n vriend; maar die soene van 'n vyand is bedrieglik.
SPREUKE 27:5-6 Die Boodskap (DB)
Dit is beter dat iemand jou uit liefde berispe as dat iemand jou liefhet, maar dit nooit wys nie. Harde woorde van ’n goeie vriend is goed bedoel. Oordrewe vriendelikheid van mense van wie jy nie hou nie, is oneg.