SPREUKE 27:23-27
SPREUKE 27:23-27 Bybel vir almal (ABA)
Jy moet weet wat jou skape en bokke nodig het, jy moet weet hoe dit met die troppe diere gaan, want alles wat jy het, kan verdwyn, en 'n koning se nageslag kan ophou regeer. Wanneer jy die gras afgesny het, en dit begin weer groen word, wanneer jy die gras op die berge bymekaargemaak het, dan sal jy klere kan maak van die skape se wol en jy sal bokke kan verkoop om grond te koop. Jy sal genoeg bokmelk hê vir jouself en vir jou huisgesin, en die meisies wat vir jou werk, sal ook genoeg hê om te kan lewe.
SPREUKE 27:23-27 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Gee noukeurig ag op die voorkoms van jou skape, rig jou aandag op die troppe vee; want 'n skat is nie vir ewig nie — of sal 'n kroon wees van geslag tot geslag? As die gras verdwyn en die jong gras verskyn en die bossies van die berge bymekaargemaak word, dan is daar lammers vir jou kleding en bokke as 'n koopprys vir grond, en genoeg bokmelk as voeding vir jou huis en as lewensonderhoud vir jou diensmeisies.
SPREUKE 27:23-27 Afrikaans 1983 (AFR83)
Sorg dat jy weet wat jou kleinvee nodig het, gee aandag aan jou veetroppe. Rykdom hou nie vir altyd nie; selfs koninklike mag is nie blywend nie. As daar van die gras hooi gemaak is, die veld weer groen word en die voer uit die berge ingebring is, sal die skape jou klere voorsien en die bokke sorg vir die koopprys van 'n stuk grond. Daar sal genoeg bokmelk wees om jou en jou gesin te voed en ook nog jou slavinne te onderhou.
SPREUKE 27:23-27 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Let goed op die voorkoms van jou kleinvee; gee aandag aan jou veetroppe, want rykdom hou nie vir altyd nie. Of sal 'n kroon altyd daar wees van geslag tot geslag? Wanneer die hooi verwyder is, die jong gras verskyn, en die voer uit die heuwels versamel is, is die jong ramme daar vir jou bokleed, en die bokramme vir die prys van 'n saailand. Daar sal genoeg bokmelk wees as kos vir jou, as kos vir jou huis, en as lewensonderhoud vir jou diensmeisies.
SPREUKE 27:23-27 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Wees ywerig om die toestand van jou kleinvee te ken, en kyk goed na jou beeste. Want rykdom is nie vir ewig nie, en sal die kroon bestaan tot geslag tot geslag? Die hooi verskyn, en die sagte gras verskyn, en kruie van die berge word versamel. Die lammers is vir jou klere, en die bokke is die prys van die veld. En jy moet bokmelk genoeg hê vir jou voedsel, vir die voedsel van jou huisgesin en vir die onderhoud van jou diensmeisies.
SPREUKE 27:23-27 Die Boodskap (DB)
Geld se waarde word minder en dit word ook maklik uitgegee. Pas dus die dinge wat jy het, baie goed op. Kyk mooi na jou eiendom. Dan kan jou kinders ook nog eendag daarvan kry. Werk hard sodat jy in al jou behoeftes kan voorsien. Gebruik elke kans wat jy kry, dan sal jy genoeg vir kos en klere hê. Almal in jou huis sal genoeg hê om van te leef.
SPREUKE 27:23-27 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Jy moet goed weet hoe dit met jou kleinvee gaan, jy moet omsien na jou veetroppe. Rykdom is nie vir altyd nie; selfs ’n koning se kroon hou nie geslagte lank nie. As daar van ou gras hooi gemaak is, die gras weer begin uitloop, en die voer uit die berge ingebring is, sal die skape weer wol gee en die bokke verkoop word vir die prys van ’n stuk grond. Daar sal genoeg bokmelk wees om jou en jou gesin en ook nog jou slavinne te onderhou.