SPREUKE 26:6-8
SPREUKE 26:6-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Om ’n boodskap saam met ’n dwaas te stuur, is net so goed as om jou voet af te kap of om gif te drink. ’n Spreuk uit ’n dwaas se mond is net so onbruikbaar soos die bene van ’n verlamde persoon. Om ’n dwaas te vereer, is soos om ’n klip in ’n slingervel vas te bind.
SPREUKE 26:6-8 Afrikaans 1983 (AFR83)
As jy 'n dwaas met 'n boodskap stuur, kan jy net so wel nie 'n boodskap stuur nie en aanvaar dat daar moeilikheid kom. 'n Lam mens se bene hang nutteloos aan hom; net so nutteloos is 'n spreuk in die mond van 'n dwaas. Om 'n klip in 'n slingervel vas te bind, dit is wat dit beteken om aan 'n dwaas mag te gee.
SPREUKE 26:6-8 Bybel vir almal (ABA)
Wanneer jy 'n dwaas stuur om 'n boodskap te bring, dan sal hy nie die boodskap reg bring nie, en dan sal iemand vir jou wil seermaak. 'n Lam mens kan nie sy bene gebruik nie, dwase kan nie 'n spreuk gebruik wanneer hulle praat nie. Jy kan nie 'n klip met 'n slingervel gooi as jy die klip vasgebind het in die slingervel nie, jy kan ook nie vra dat mense 'n dwaas moet respekteer nie.
SPREUKE 26:6-8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hy kap sy voete af, hy ly onreg, wat 'n boodskap stuur deur middel van 'n dwaas. Soos die bene van 'n lamme slap afhang, so is 'n spreuk in die mond van die dwase. Soos een wat 'n klip in 'n slinger vasbind, so is hy wat eer gee aan 'n dwaas.
SPREUKE 26:6-8 Afrikaans 1983 (AFR83)
As jy 'n dwaas met 'n boodskap stuur, kan jy net so wel nie 'n boodskap stuur nie en aanvaar dat daar moeilikheid kom. 'n Lam mens se bene hang nutteloos aan hom; net so nutteloos is 'n spreuk in die mond van 'n dwaas. Om 'n klip in 'n slingervel vas te bind, dit is wat dit beteken om aan 'n dwaas mag te gee.
SPREUKE 26:6-8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Iemand wat sy eie voete afkap, geweld indrink, is hy wat boodskappe stuur met 'n dwaas. Die bene van 'n verlamde hang slap, so is 'n spreuk in die mond van dwase. Soos om 'n klip in 'n slingervel vas te bind, so is hy wat aan 'n dwaas eer bewys.
SPREUKE 26:6-8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hy wat 'n boodskap stuur deur die hand van 'n dwaas, kap sy voete af en drink skade. Die bene van die kreupele is nie gelyk nie; so is 'n gelykenis in die mond van die dwase. Soos hy wat 'n klip in 'n slinger vasbind, so is hy wat 'n dwaas eer gee.
SPREUKE 26:6-8 Die Boodskap (DB)
Iemand wat ’n dom mens met ’n boodskap stuur, moet weet dat daar moeilikheid gaan kom. Soos ’n lam man se bene nutteloos hang, so is al hierdie spreuke in die mond van ’n dwaas. Dit beteken vir hom niks nie. ’n Geweer sonder koeëls beteken niks in ’n oorlog nie. So het dit ook geen sin om ’n dom mens te prys nie. Hy sal tog nie reg leef nie.