SPREUKE 26:20-21
SPREUKE 26:20-21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Soos ’n vuur uitbrand as jy nie hout opgooi nie, so hou ’n rusie op as daar nie skinderpraatjies is nie. ’n Bakleierige mens veroorsaak rusies, net soos gloeiende kole ’n vuur laat opvlam en soos droë hout ’n vuur laat vlam vat.
SPREUKE 26:20-21 Bybel vir almal (ABA)
As daar nie hout is nie, dan kan 'n vuur nie brand nie, as niemand skinder nie, dan sal mense nie twis nie. Daar moet hout wees as jy wil vuurmaak, daar moet houtskool wees as jy warm kole wil hê, en daar moet iemand wees wat wil baklei as jy wil hê mense moet twis.
SPREUKE 26:20-21 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Deur gebrek aan hout gaan die vuur dood, en as daar geen kwaadstoker is nie, bedaar die twis. Soos kole die gloed en hout die vuur laat opvlam, so is 'n twisgierige man om 'n twis aan te hits.
SPREUKE 26:20-21 Afrikaans 1983 (AFR83)
Sonder hout bly 'n vuur nie brand nie; sonder 'n kwaadstoker hou 'n rusie nie aan nie. Daar is houtskool nodig vir gloeiende kole, hout vir 'n vuur, en 'n twissiek mens vir rusie stook.
SPREUKE 26:20-21 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Sonder hout gaan 'n vuur dood, en in die afwesigheid van 'n kwaadstoker raak 'n stryery stil. Gloeiende kole vir houtskool, hout vir 'n vuur, dit is 'n twissieke man by die aanblaas van 'n geskil.
SPREUKE 26:20-21 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Waar geen hout is nie, daar gaan die vuur dood; so waar daar geen lasteraar is nie, hou die twis op. Soos kole vir brandende kole en hout vir vuur; so is 'n twisgierige man om twis aan te wakker.