SPREUKE 25:26-27
SPREUKE 25:26-27 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
'n Troebel fontein en 'n vuile bron, so is die regverdige wat wankel voor die goddelose. Om baie heuning te eet, is nie goed nie, maar om swaar sake na te speur, is 'n eer.
SPREUKE 25:26-27 Die Boodskap (DB)
As drinkwater vuil word en damme besoedel word, is dit sleg. So is dit ook as ’n gelowige die pad byster raak en verkeerde dinge begin doen. Te veel soetigheid is sleg. So ook oordadige eerbetoon.
SPREUKE 25:26-27 Bybel vir almal (ABA)
'n Mens wat reg gelewe het en dan kies om dieselfde dinge te doen soos 'n persoon wat verkeerd lewe, is soos 'n fontein of 'n put vol vuil water. Dit is sleg wanneer jy te veel heuning eet, en ook wanneer iemand jou te veel respekteer.
SPREUKE 25:26-27 Afrikaans 1983 (AFR83)
'n Fontein, 'n put waarvan die water vuil en stink geword het, so is 'n regverdige wat hom tot 'n val laat bring deur 'n goddelose. Om te veel heuning te eet, is nie goed nie, ook nie om eer te bly soek nie.
SPREUKE 25:26-27 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
'n Modderige fontein, 'n besoedelde bron, so is 'n regverdige wat swig voor 'n goddelose. Om te veel heuning te eet, is nie goed nie, en die soeke na eie eer is oneervol.