SPREUKE 24:13-14
SPREUKE 24:13-14 Bybel vir almal (ABA)
My seun, heuning is lekker om te eet, stroop is soet in jou mond. Die wysheid is ook so, om te weet wat om te doen, is ook so. As jy wysheid kry, dan sal dit goed gaan met jou, en jy sal aanhou lewe.
SPREUKE 24:13-14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Eet heuning, my seun, want dit is goed, en heuningstroop is soet teen jou verhemelte. Erken dat die wysheid só is vir jou siel; as jy dit vind, dan is daar 'n toekoms, en jou hoop sal nie verydel word nie.
SPREUKE 24:13-14 Afrikaans 1983 (AFR83)
Eet heuning, my seun, dit is lekker; die stroop is soet in jou mond. So smaak die kennis, die wysheid ook; as jy dié gekry het, het jy 'n toekoms, en jou hoop sal jou nie ontneem word nie.
SPREUKE 24:13-14 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
My seun, eet heuning, want dit is goed, en heuningkoek is soet in jou mond. Besef dan, só is wysheid vir jou lewe – as jy dit vind, is daar 'n toekoms, en jou hoop sal nie verydel word nie.
SPREUKE 24:13-14 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
My seun, eet heuning, want dit is goed; en die heuningkoek wat soet is na jou smaak; So sal die kennis van wysheid vir jou siel wees: as jy dit vind, dan sal daar 'n beloning wees, en jou verwagting sal nie afgesny word nie.