SPREUKE 23:1-3
SPREUKE 23:1-3 Bybel vir almal (ABA)
Wanneer jy gaan sit om saam met 'n belangrike amptenaar te eet, dan moet jy aanhou kyk na die kos wat voor jou is. En as jy honger is, dan moet jy nie baie eet nie, jy moenie van sy lekker kos wil hê nie, die lekker kos sal jou verkeerde dinge laat doen.
SPREUKE 23:1-3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
SIT jy aan om saam met 'n heerser te eet, let dan net op wat vóór jou is, en sit 'n mes op jou keel as jy 'n goeie eetlus het. Moenie sy lekker ete begeer nie, want dit is bedrieglike spys.
SPREUKE 23:1-3 Afrikaans 1983 (AFR83)
As jy aansit om saam met 'n hoë amptenaar te eet, wees tevrede met wat jou voorgesit word en bedwing jou as jy 'n groot eetlus het. Moenie sy lekker kos begeer nie; dit kan jou duur te staan kom.
SPREUKE 23:1-3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Wanneer jy gaan sit om saam met 'n heerser te eet, wees besonder bedag op wie voor jou is. Sit 'n mes teen jou keel as jy 'n groot eetlus het. Moenie sy lekkernye begeer nie, want dit is misleidende kos.
SPREUKE 23:1-3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
As jy met 'n heerser sit om te eet, let noukeurig op wat voor jou is. En steek 'n mes teen jou keel as jy 'n man is wat aan eetlus gegee is. Moenie sy lekkernye begeer nie, want dit is bedrieglike spys.
SPREUKE 23:1-3 Die Boodskap (DB)
As jy saam met ’n belangrike persoon eet, let op jou tafelmaniere. Al is jy baie honger, moet jy nie gulsig wegval en alles vinnig opeet nie. Moet ook nie so na die gasheer se kos staar dat almal ongemaklik voel nie. Sy kos is tog nie so lekker as wat jy dink nie.