SPREUKE 22:4-7
SPREUKE 22:4-7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die beloning vir nederigheid en ontsag vir die HERE is rykdom, eer en lewe. Dorings en wippe is op die pad van 'n vals persoon; wie sy lewe wil beskerm, bly ver daarvan weg. Rig die jongmens af ooreenkomstig die pad wat hy moet loop; selfs wanneer hy oud geword het, sal hy nie daarvan afwyk nie. 'n Ryke heers oor armes, en wie leen, is 'n slaaf van die man wat uitleen.
SPREUKE 22:4-7 Bybel vir almal (ABA)
Wanneer iemand nederig is en hy respekteer en dien die Here, dan word hy ryk, en mense respekteer hóm, en hy lewe lank. Daar is dorings en vangstrikke op die pad van skelm mense, maar iemand wat wil aanhou lewe, loop nie op daardie verkeerde pad nie. Wanneer jy vir 'n jongmens leer hoe hy moet lewe, dan hou hy aan om so te lewe, ook wanneer hy oud geword het. Ryk mense regeer oor arm mense, en iemand wat geld geleen het, word die slaaf van die persoon by wie hy die geld geleen het.
SPREUKE 22:4-7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Die loon van nederigheid is die vrees van die HERE, is rykdom en eer en die lewe. Dorings, vangnette lê op die pad van die verkeerde; hy wat sy siel wil bewaar, bly ver weg daarvandaan. Oefen die seun volgens die eis van sy weg; dan sal hy, ook as hy oud word, daar nie van afwyk nie. Die ryke heers oor die armes, en hy wat leen, is 'n slaaf van die man wat uitleen.
SPREUKE 22:4-7 Afrikaans 1983 (AFR83)
Wie nederig is, dien die Here en ontvang rykdom, eer en lewe. Daar is dorings en strikke op die pad van oneerlikheid; wie sy lewe wil behou, bly daar weg. Gee leiding aan 'n jongmens oor hoe hy moet leef, en hy sal ook as hy al oud is nie daarvan afwyk nie. Die ryke heers oor die arme; die lener is die slaaf van die man by wie hy leen.
SPREUKE 22:4-7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die beloning vir nederigheid en ontsag vir die HERE is rykdom, eer en lewe. Dorings en wippe is op die pad van 'n vals persoon; wie sy lewe wil beskerm, bly ver daarvan weg. Rig die jongmens af ooreenkomstig die pad wat hy moet loop; selfs wanneer hy oud geword het, sal hy nie daarvan afwyk nie. 'n Ryke heers oor armes, en wie leen, is 'n slaaf van die man wat uitleen.
SPREUKE 22:4-7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Deur nederigheid en die vrees van die HERE is rykdom en eer en lewe. Dorings en strikke is in die pad van die verkeerde: wie sy siel bewaar, is ver van hulle af. Leer 'n kind in die pad wat hy moet gaan, en as hy oud is, sal hy nie daarvan afwyk nie. Die ryke heers oor die armes, en die lener is dienaar van die lener.
SPREUKE 22:4-7 Die Boodskap (DB)
Mense wat die Here liefhet en nederig lewe, geniet respek en die goeie dinge van die lewe. Verkeerde dinge lyk mooi, maar die uiteinde is bitter. ’n Wyse bly ver weg van sulke dinge af. Leer ’n kind vroeg hoe om te leef en hy sal tot sy oudag toe reg leef. ’n Ryke heers oor die armes wat hom geld vra. ’n Lener is die slaaf van die een by wie hy leen.
SPREUKE 22:4-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Iemand wat nederig is en respek het vir die HERE, kry rykdom, eer en lewe. Op ’n oneerlike mens se pad is daar dorings en lokvalle. Iemand wat omgee vir homself, bly ver daarvan weg. Leer ’n jongmens om die regte pad te kies, en wanneer hy eendag oud is, sal hy nie daarvan afwyk nie. Soos rykes oor armes heers, so is die man wat geld leen die slaaf van die man by wie hy leen.