SPREUKE 22:17-19
SPREUKE 22:17-19 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Spits jou oor en luister na die woorde van wyses! En jou hart, stel dit in op my kennis! Want dit is aangenaam as jy dit in jou binneste bewaar, as dit alles gereed lê op jou lippe. Met die oog daarop dat jou vertroue op die HERE sal wees, maak ek dit vandag aan jou bekend, ja, aan jou.
SPREUKE 22:17-19 Bybel vir almal (ABA)
Jy moet goed luister na wat die wyse mense sê, jy moet hard probeer om te leer, want dit is lekker om dinge te weet en om dit weer te kan vertel. Ek leer vir jou vandag, vir jóú, sodat jy kan weet dat die Here doen wat Hy belowe het.
SPREUKE 22:17-19 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
GEE gehoor en luister na die woorde van die wyse manne, en let op my kennis. Want dit is lieflik as jy dit in jou binneste bewaar; mag hulle tesame gereed lê op jou lippe. Dat jou vertroue op die HERE mag wees, daarom onderwys ek jou vandag, ja, vir jou.
SPREUKE 22:17-19 Afrikaans 1983 (AFR83)
Luister goed, luister wat die wyse mense sê; probeer verstaan wat ek jou wil leer uit wat ek weet, want dit is lekker as jy dit ingeneem het en enige tyd kan weergee. Ek onderrig juis vir jóú vandag sodat jy op die Here kan vertrou.
SPREUKE 22:17-19 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Spits jou oor en luister na die woorde van wyses! En jou hart, stel dit in op my kennis! Want dit is aangenaam as jy dit in jou binneste bewaar, as dit alles gereed lê op jou lippe. Met die oog daarop dat jou vertroue op die HERE sal wees, maak ek dit vandag aan jou bekend, ja, aan jou.
SPREUKE 22:17-19 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Buig jou oor en hoor die woorde van die wyses, en pas jou hart op my kennis. Want dit is aangenaam as jy hulle binne-in jou bewaar; hulle sal ook op jou lippe pas. Sodat jou vertroue op die HERE mag wees, het ek jou vandag bekend gemaak, ook aan jou.
SPREUKE 22:17-19 Die Boodskap (DB)
Spits jou ore! Luister mooi na die wenke vir ’n wonderlike lewe. Maak alle inligting oor die regte manier van lewe jou eie. Dink daaroor na. As jy dit doen, sal jy gelukkig wees. Jy sal ook weet wat om op die regte oomblik te sê. Al die spreuke moet jou help om die Here nog beter te ken en te vertrou. Dit is waarom al hierdie woorde van wysheid neergeskryf is.