SPREUKE 21:30-31
SPREUKE 21:30-31 Bybel vir almal (ABA)
Wanneer 'n mens voor die Here staan, dan weet hy dat hy nie wysheid het nie en niks verstaan nie, hy weet nie wat om te doen nie. Jy kan vir perde leer en jy kan hulle in die oorlog gebruik, maar dit is die Here wat jou die oorlog laat wen.
SPREUKE 21:30-31 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daar is geen wysheid, en daar is geen verstand, en daar is geen raad teenoor die HERE nie. Die perd word reggemaak vir die dag van die geveg, maar die oorwinning is deur die HERE.
SPREUKE 21:30-31 Afrikaans 1983 (AFR83)
Teenoor die Here geld geen menslike wysheid, insig of besluit nie. Perde kan afgerig word vir oorlog, maar dit is die Here wat die oorwinning gee.
SPREUKE 21:30-31 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Geen wysheid, geen verstandigheid, ja, geen raad hou stand teen die HERE nie. 'n Perd kan afgerig word vir die dag van 'n geveg, maar die oorwinning is van die HERE.
SPREUKE 21:30-31 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Daar is geen wysheid of verstand of raad teen die HERE nie. Die perd is gereed vir die dag van oorlog, maar die veiligheid is van die HERE.