SPREUKE 21:21-22
SPREUKE 21:21-22 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Wie geregtigheid en weldadigheid najaag, sal die lewe, geregtigheid en eer vind. Die wyse beklim die stad van die helde en gooi die vesting neer waar dit op vertrou.
SPREUKE 21:21-22 Bybel vir almal (ABA)
As iemand probeer om reg te doen en om te doen wat hy belowe het, dan sal hy aanhou lewe, mense sal reg doen aan hom en hulle sal hom respekteer. Iemand wat wysheid het, kan 'n stad vol soldate oorwin, en hy kan die mure laat val wat die soldate moet beskerm.
SPREUKE 21:21-22 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Wie geregtigheid en weldadigheid najaag, sal die lewe, geregtigheid en eer vind. Die wyse beklim die stad van die helde en gooi die vesting neer waar dit op vertrou.
SPREUKE 21:21-22 Afrikaans 1983 (AFR83)
Wie na reg en liefde strewe, aan hom word 'n vol lewe en eer geskenk. 'n Wyse man kan selfs 'n stad vol dapper verdedigers oorwin en die vesting waarop hulle vertrou, laat val.
SPREUKE 21:21-22 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Wie geregtigheid en troue liefde najaag, vind lewe, geregtigheid en eer. 'n Wyse kan optrek teen 'n stad met helde, en die versterkings laat tuimel waarop die stad vertrou.
SPREUKE 21:21-22 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hy wat geregtigheid en barmhartigheid najaag, vind lewe, geregtigheid en eer. 'n Wyse man bestyg die stad van die magtiges en werp die sterkte van sy vertroue neer.
SPREUKE 21:21-22 Die Boodskap (DB)
Wie reg lewe en mense liefhet, het die lewe. Mense sal hom eer en respekteer. ’n Wyse kyk deur mense se magspeletjies. Hulle groot planne en agteraf skemas vernietig hy.