SPREUKE 21:19-20
SPREUKE 21:19-20 Bybel vir almal (ABA)
Dit is beter om in 'n woestyn te woon as om te woon saam met 'n vrou wat aanhou kla en wat jou laat swaarkry. In 'n wyse mens se huis is daar kosbare goed en olyf-olie, 'n dwase mens eet alles op wat hy het.
SPREUKE 21:19-20 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Dit is beter om in 'n woeste land te woon as by 'n twisgierige vrou en ergernis. 'n Kosbare skat en olie is in die woning van die regverdige, maar 'n dwase mens bring dit deur.
SPREUKE 21:19-20 Afrikaans 1983 (AFR83)
Liewer in 'n woestyn woon as by 'n twisgierige vrou wat aanhou neul. In die woning van 'n wyse mens is daar altyd kosbare besittings en olie; 'n dwase mens bring sy goed deur.
SPREUKE 21:19-20 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Om in 'n woestyn te woon, is beter as by 'n vrou wat gedurig kyf en 'n ergernis is. 'n Kosbare skat en olie is in die tuiste van 'n wyse, maar 'n dwase mens verslind syne.
SPREUKE 21:19-20 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Dit is beter om in die woestyn te woon as by 'n twisgierige en woedende vrou. Daar is 'n skat om te begeer en olie in die woning van die wyse mense; maar 'n dwase mens spandeer dit op.