SPREUKE 20:8-10
SPREUKE 20:8-10 Bybel vir almal (ABA)
Wanneer 'n koning op sy troon gaan sit om te oordeel, dan sien hy alles wat verkeerd is. Wie is daar wat kan sê: “Ek het my lewe skoon gehou, ek het nie sonde gedoen nie”? Niemand. Die Here haat mense wat oneerlik is wanneer hulle dinge weeg of meet.
SPREUKE 20:8-10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
'n Koning wat op die regterstoel sit, wan met sy oë alles uit wat sleg is. Wie kan sê: Ek het my hart suiwer gehou, ek is rein van my sonde? Twee soorte gewig, twee soorte maat — hulle altwee is vir die HERE 'n gruwel.
SPREUKE 20:8-10 Afrikaans 1983 (AFR83)
Wanneer die koning moet regspreek, sien hy ál wat verkeerd is, raak. Wie kan sê: “Ek is rein, ek is onskuldig, sonder sonde”? Die Here het 'n afsku van mate en gewigte wat nou sus en dan so is.
SPREUKE 20:8-10 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
'n Koning wat op die regterstoel sit, sif met sy oë al wat sleg is, uit. Wie kan sê: “Ek het my hart skoon gehou, ek is rein van my sonde?” Twee soorte gewigte, twee soorte efas – dit is vir die HERE afstootlik.
SPREUKE 20:8-10 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
'n Koning wat op die troon van oordeel sit, verstrooi alle kwaad met sy oë. Wie kan sê: Ek het my hart gereinig, ek is rein van my sonde? Verskillende gewigte en verskillende mates, altwee is vir die HERE 'n gruwel.
SPREUKE 20:8-10 Die Boodskap (DB)
’n Leier met baie lewenswysheid sien verkeerde dinge maklik raak. Hy het die mag om verkeerde dinge te stop. Wie is sonder sonde? Wie kan sê dat hy altyd net aan die goeie dink? Wie doen altyd die regte dinge op die regte tyd? Die Here haat dubbele standaarde. Besighede wat mense kul of minderwaardige produkte verkoop, is vir die Here ’n gruwel.
SPREUKE 20:8-10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Wanneer die koning op sy troon sit om oor ’n saak te besluit, moet hy uitsorteer wat reg en wat verkeerd is. Wie is daar wat kan sê: “Ek het my hart gesuiwer, ek het my gereinig van al my sonde”? Die HERE het nie tyd vir dubbele standaarde en vals mate nie.