SPREUKE 2:7-10
SPREUKE 2:7-10 Bybel vir almal (ABA)
Hy gee vir eerlike mense ware wysheid, Hy beskerm mense wat heeltemal reg lewe. Hy laat hulle altyd reg doen, Hy beskerm die lewe van die mense wat aan Hom behoort. As jy luister na my, dan sal jy verstaan wat dit is om reg te lewe en reg te doen en regverdig te wees, jy sal altyd op die regte pad loop en die regte dinge doen. Die wysheid sal in jou kom woon en dit sal vir jou lekker wees om dinge te weet.
SPREUKE 2:7-10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en Hy bewaar hulp vir die opregtes, Hy is 'n skild vir die wat regskape wandel deurdat Hy die paaie van die reg bewaak en die weg van sy gunsgenote bewaar); dan sal jy geregtigheid en reg verstaan en regverdigheid — elke goeie pad. Want wysheid sal in jou hart kom, en kennis vir jou siel lieflik wees
SPREUKE 2:7-10 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hy laat eerlike mense sukses behaal en Hy beskerm dié wat onberispelik lewe. Hy sien toe dat reg geskied, Hy hou wag oor die pad van sy troue dienaars. As jy aanneem wat ek jou sê, sal jy insig kry in wat regverdig en reg en billik is en sal jy op die goeie pad bly. Die wysheid sal sy plek in jou lewe inneem, kennis sal vir jou iets aangenaams word
SPREUKE 2:7-10 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Vir die opregtes hou Hy vindingrykheid in bewaring, as 'n skild vir hulle wat onberispelik leef, deurdat Hy die paaie van die reg bewaak; die pad van sy getroue volgelinge beskerm Hy. Dan sal jy verstaan wat regverdig, billik en reg is – elke goeie pad. Want wysheid sal in jou hart inkom, en kennis sal vir jou aangenaam wees.
SPREUKE 2:7-10 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hy bêre gesonde wysheid vir die regverdiges; Hy is 'n skild vir die wat opreg wandel. Hy bewaar die paaie van reg en bewaar die weg van sy heiliges. Dan sal jy geregtigheid en reg en billikheid verstaan; ja, elke goeie pad. Wanneer wysheid in jou hart inkom en kennis vir jou siel aangenaam is
SPREUKE 2:7-10 Die Boodskap (DB)
Hy gaar arms vol wysheid vir die gelowige op. Dit is net vir ons bedoel vir wie die Here liefhet. Soos ’n skild sal dit ons teen slegte dade beskerm. Dit sal ons aanspoor om gelukkig te leef. Al die spreuke sal jou leer hoe om reg op te tree. Jy sal sommer lus wees om reg te leef. Dit sal vir jou lekker wees om daaroor na te dink. En jy sal weet hoe om met insig en begrip in elke situasie op te tree. Wysheid sal jou van verkeerde dinge weghou en jou lewe verryk.
SPREUKE 2:7-10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hy laat hulle wat reg leef, sukses behaal. Hy is ’n skild vir hulle wat hulle pad suiwer hou. Hy beskerm hulle wat ’n reguit pad loop. Hy bewaak die pad van sy getroue dienaars. As jy aanvaar wat ek vir jou sê, sal jy insig hê in wat regverdig, reg en billik is. Jy sal op die goeie pad bly. Wysheid sal jou denke bepaal. Jy sal lief wees vir kennis.