SPREUKE 19:8-9
SPREUKE 19:8-9 Bybel vir almal (ABA)
Iemand wat wil leer om verstandig te wees, is lief vir sy lewe, dit gaan goed met iemand wat verstandig bly. 'n Vals getuie sal sy straf kry, iemand wat lieg, sal sterf.
SPREUKE 19:8-9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Wie verstand verkry, het sy lewe lief; hy wat insig bewaar, sal die goeie vind. 'n Valse getuie bly nie ongestraf nie, en hy wat leuens uitstrooi, kom om.
SPREUKE 19:8-9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Wie homself liefhet, sorg dat hy wysheid verwerf; hy stel prys op insig sodat hy voorspoed kan geniet. 'n Vals getuie bly nie ongestraf nie; wie leuens kwytraak, gaan tot niet.
SPREUKE 19:8-9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Wie verstand verkry, het sy lewe lief; hy koester verstandigheid om die goeie te vind. 'n Vals getuie bly nie ongestraf nie, en wie leuens uitryg, gaan ten gronde.
SPREUKE 19:8-9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hy wat wysheid verkry, het sy eie siel lief; hy wat verstand bewaar, sal die goeie vind. 'n Valse getuie sal nie ongestraf bly nie, en hy wat leuens spreek, sal omkom.