SPREUKE 19:24-25
SPREUKE 19:24-25 Bybel vir almal (ABA)
'n Lui mens steek sy hand in die kosbak, maar hy is te lui om sy hand terug te bring na sy mond. As jy 'n pak slae gee vir iemand wat altyd wil spot, dan sal 'n ander jongmens wat baie min weet, iets leer. As jy vir 'n verstandige mens sê hoe hy moet lewe, dan sal hy nog meer verstandig word.
SPREUKE 19:24-25 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Steek die luiaard sy hand in die skottel, dan bring hy dit nie eens na sy mond terug nie. Slaan jy die spotter, dan word die eenvoudige bedagsaam; maar bestraf jy die verstandige, dan sal hy kennis verkry.
SPREUKE 19:24-25 Afrikaans 1983 (AFR83)
'n Luiaard steek sy hand in die skottel, maar bring dit nie terug na sy mond toe nie. As jy 'n ligsinnige mens klap, leer dié wat nog onervare is, daaruit; as jy 'n verstandige mens straf, word hy nog verstandiger.
SPREUKE 19:24-25 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Steek die luiaard sy hand in die skottel, bring hy dit selfs nie eers na sy mond terug nie. Slaan jy 'n spotter, dan word 'n onkundige slim; die teregwysing van 'n verstandige laat hom kennis verstaan.
SPREUKE 19:24-25 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
'n Luiaard steek sy hand in sy boesem en sal dit nie soseer weer na sy mond bring nie. Slaan 'n spotter, en die eenvoudige sal oppas; en bestraf een wat verstand het, en hy sal kennis verstaan.
SPREUKE 19:24-25 Die Boodskap (DB)
’n Luiaard is selfs te lui om te eet. Hy sit by die tafel, sien die lekker bord kos, sit dit op sy vurk, maar raak aan die slaap voordat dit in sy mond kom. Iemand wat baie van homself dink, moet eers hard aangespreek word voordat hy luister. ’n Ligte vermaning is vir ’n wyse genoeg. Hy weet wat om te doen.