SPREUKE 19:22-23
SPREUKE 19:22-23 Bybel vir almal (ABA)
'n Mens kan aanhou doen wat hy graag wil doen, maar dit is beter om 'n arm mens te wees as om 'n mens te wees wat lieg. Iemand wat die Here respekteer en Hom dien, sal aanhou lewe, hy sal genoeg eet en lekker slaap. Niks wat sleg is, sal met hom gebeur nie.
SPREUKE 19:22-23 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Die kostelike besit van 'n mens is sy weldadigheid; en liewer 'n arme as 'n leuenagtige man. Die vrees van die HERE is tot die lewe; en versadig bring 'n mens die nag deur, sonder om deur 'n onheil besoek te word.
SPREUKE 19:22-23 Afrikaans 1983 (AFR83)
'n Mens wy sy lewe aan wat hy begeer, maar dit is beter om arm te bly as om te bedrieg. Wie die Here dien, se lewe is veilig; so 'n mens slaap rustig, geen ramp tref hom nie.
SPREUKE 19:22-23 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Wat van 'n mens verwag word, is sy troue liefde, en 'n arm mens is beter as 'n leuenaar. Ontsag vir die HERE lei tot lewe, en 'n mens gaan versadig slaap; deur 'n ramp word hy nie getref nie.
SPREUKE 19:22-23 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die begeerte van 'n man is sy goedertierenheid, en 'n arm man is beter as 'n leuenaar. Die vrees van die HERE is geneig tot die lewe, en hy wat dit het, sal versadig bly; hy sal nie met kwaad besoek word nie.