SPREUKE 19:10-12
SPREUKE 19:10-12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Weelde pas nie by 'n dwaas nie – hoeveel minder pas dit 'n slaaf om oor bevelvoerders te heers! Die skranderheid van 'n mens maak hom geduldig, en dit is vir hom 'n eer om 'n oortreding oor te sien. 'n Gebrul soos dié van 'n jong leeu, so is die onbeheersde woede van 'n koning; maar soos dou op die gras is sy welwillendheid.
SPREUKE 19:10-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Weelde pas nie by ’n dwaas nie. ’n Slaaf behoort nog minder te regeer oor belangrike mense. ’n Verstandige mens hou sy humeur in bedwang. Hy stel sy eer daarin om ander se oortredings oor te sien. As ’n koning kwaad word, is dit soos ’n leeu wat brul. Sy goeie gesindheid is soos dou op die gras.
SPREUKE 19:10-12 Bybel vir almal (ABA)
'n Mens dink nie dat 'n dwaas lekker sal lewe nie, dit is nog meer verkeerd dat 'n slaaf oor leiers regeer. 'n Verstandige mens word nie gou kwaad nie, hy hou daarvan om nie iemand anders se foute te sien nie. Wanneer 'n koning kwaad is, dan moet jy vir hom so bang wees soos vir 'n leeu wat brul. Wanneer die koning vriendelik is, dan is hy so goed vir jou soos dou op gras.
SPREUKE 19:10-12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Weelde pas nie vir 'n dwaas nie, hoeveel minder vir 'n kneg om oor vorste te heers! Die verstand van 'n mens maak hom lankmoedig, en dit is vir hom 'n eer om die oortreding te vergewe. Die grimmigheid van 'n koning is soos die gebrom van 'n jong leeu, maar sy welgevalle is soos dou op die plante.
SPREUKE 19:10-12 Afrikaans 1983 (AFR83)
Weelde pas nie by 'n dwaas nie, nog minder behoort 'n slaaf oor mense van aansien te regeer. 'n Verstandige mens beteuel sy humeur en stel sy eer daarin om vergewensgesind te wees. 'n Koning se woede is soos die brul van 'n leeu, en sy goedgesindheid soos dou op die gras.
SPREUKE 19:10-12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Weelde pas nie by 'n dwaas nie – hoeveel minder pas dit 'n slaaf om oor bevelvoerders te heers! Die skranderheid van 'n mens maak hom geduldig, en dit is vir hom 'n eer om 'n oortreding oor te sien. 'n Gebrul soos dié van 'n jong leeu, so is die onbeheersde woede van 'n koning; maar soos dou op die gras is sy welwillendheid.
SPREUKE 19:10-12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Verlustiging is nie vir 'n dwaas gepas nie; veel minder vir 'n dienskneg om oor vorste te heers. Die verstand van 'n man stel sy toorn uit; en dit is sy heerlikheid om 'n oortreding oor te gaan. Die toorn van die koning is soos die brul van 'n leeu; maar sy welbehae is soos dou op die gras.
SPREUKE 19:10-12 Die Boodskap (DB)
Rykdom pas darem nie by ’n dwaas nie. Ewe onvanpas is die verterende ambisie van ’n jongman om oor ander te heers. Iemand wat sy humeur in toom hou, is slim. Wie hulle vergewe wat hom beledig, word deur almal gerespekteer. ’n Woedende baas kan soos ’n brullende leeu wees. Almal om hom wil hy verskeur. As sy bui bedaar, is hy weer so mak soos ’n lammetjie.