SPREUKE 19:1-3
SPREUKE 19:1-3 Bybel vir almal (ABA)
Dit is beter om arm te wees en eerlik te lewe as om mense te bedrieg en ook 'n dwaas te wees. Dit is nie goed om dinge te probeer doen as jy nie weet hoe nie. As jy te haastig is, dan sal jy foute maak. Wanneer 'n mens dwaas is, dan doen hy verkeerde dinge, en dan sê hy dit is die Here se skuld.
SPREUKE 19:1-3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
'N ARME wat in sy regskapenheid wandel, is beter as 'n verkeerde van lippe en daarby 'n dwaas. Selfs ywer is sonder kennis nie goed nie; en hy wat haastig is met die voete, trap mis. 'n Mens se sotheid bederwe sy weg, maar sy hart is vertoorn op die HERE.
SPREUKE 19:1-3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Liewer arm wees en opreg lewe as 'n leuenaar en boonop 'n dwaas. Ywer sonder kennis deug nie; oorhaastigheid bring foute. Sy eie dwaasheid bring 'n mens op die verkeerde pad en dan is hy kwaad vir die Here.
SPREUKE 19:1-3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
'n Arme wat onberispelik leef, is beter as iemand met vals lippe wat boonop 'n dwaas is. Sonder kennis is selfs ywer nie goed nie, en wie oorhaastig met sy voete is, trap mis. Die sotheid van 'n mens gooi sy lewenspad omver, maar sy hart tier teen die HERE.
SPREUKE 19:1-3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die arme wat in sy opregtheid wandel, is beter as hy wat verkeerd is op sy lippe en 'n dwaas is. Ook dat die siel sonder kennis is, dit is nie goed nie; en hy wat haastig is met sy voete, sondig. Die dwaasheid van 'n mens verdraai sy weg, en sy hart is woedend teen die HERE.
SPREUKE 19:1-3 Die Boodskap (DB)
Eerder ’n arme wat die Here ken, as ’n ryke sonder enige wysheid. Hy sê en doen die domste dinge. Dink voordat jy begin. ’n Haastige mens wat nie dink voordat hy optree nie, misluk. Eiesinnigheid kan mens se planne vernietig. Daarna blameer hy die Here vir sy ellende.
SPREUKE 19:1-3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Dit is beter om arm en eerlik te lewe as om met leuens te lewe en ’n dwaas te wees. Geesdrif sonder kennis help niks. Oorhaastigheid stuur jou in die verkeerde koers. ’n Mens se eie dwaasheid ontwrig jou lewe, dan verkwalik jy nog die HERE daarvoor.