SPREUKE 18:9-10
SPREUKE 18:9-10 Bybel vir almal (ABA)
Iemand wat nie sy werk goed doen nie, is soos iemand wat alles afbreek. Die Naam van die Here is soos 'n sterk toring. Wanneer jy aan Hom behoort en reg lewe, dan is jy veilig.
SPREUKE 18:9-10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Alreeds hy wat hom slap hou in sy werk, hy is 'n broer van 'n verwoester. Die Naam van die HERE is 'n sterk toring; die regverdige hardloop daarin en word beskut.
SPREUKE 18:9-10 Afrikaans 1983 (AFR83)
Een wat nalatig is met sy werk en een wat alles afbreek, is tweelingbroers. Die Naam van die Here is 'n sterk vesting; die regverdige vind daar skuiling.
SPREUKE 18:9-10 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ook hy wat sloer in sy dagtaak is die broer van 'n opperste verwoester. 'n Sterk toring is die Naam van die HERE; die regverdige hardloop dit binne, en is onbereikbaar.
SPREUKE 18:9-10 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hy wat traag is in sy werk, is ook 'n broer vir hom wat 'n groot verwoester is. Die Naam van die HERE is 'n sterk toring: die regverdige hardloop daarin en is veilig.
SPREUKE 18:9-10 Die Boodskap (DB)
Wie laat kom by die werk, vroeg loop, baie rondloop, lang teetye neem en afskeepwerk doen, bewerk sy eie ondergang. Hy kan sy werk verloor en sy familie kan ly. Die Here is soos ’n sterk gebou. In swaar tye kan gelowiges by Hom gaan wegkruip. By Hom is hulle veilig.