SPREUKE 17:7-8
SPREUKE 17:7-8 Bybel vir almal (ABA)
'n Mens dink dat 'n dwaas nie mooi sal praat nie, 'n mens dink ook dat 'n belangrike mens nie sal lieg nie. Iemand wat presente gee sodat mense verkeerde dinge moet doen, dink die presente sal hom laat slaag oral waar hy gaan.
SPREUKE 17:7-8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Aanmatigende taal pas nie by 'n dwaas nie, hoeveel minder leuentaal by 'n edele! Kosbare edelgesteentes is die omkoopgeskenk in die oë van sy besitter; oral waar hy heengaan, sal hy slaag.
SPREUKE 17:7-8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Verstandige woorde soek jy nie by 'n dwaas nie, nog minder leuens by 'n man van aansien. Vir wie dit gee, het omkoopgeskenke towerkrag; vir hom moet dit sukses verseker waar hy ook gaan.
SPREUKE 17:7-8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Breedsprakigheid pas nie by 'n nikswerd nie – hoeveel minder nog leuentaal by 'n vooraanstaande persoon! 'n Omkoopgeskenk is 'n gelukbringer in die oë van wie dit besit – waar hy hom ook al heen wend, hy gaan sukses behaal!
SPREUKE 17:7-8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Uitstekende spraak word nie 'n dwaas nie, nog minder 'n vors valse lippe. 'n Geskenk is soos 'n edelsteen in die oë van hom wat dit het