SPREUKE 17:12-13
SPREUKE 17:12-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Dis beter om ’n beer teë te kom wat van kleintjies beroof is, as om ’n dwaas met sy sotheid te konfronteer. As jy goed met kwaad vergeld, sal kwaad nooit uit jou huis verdwyn nie.
SPREUKE 17:12-13 Bybel vir almal (ABA)
Dit is gevaarlik om naby 'n beer-wyfie te kom wat kwaad is omdat haar kleintjies dood is, maar dit is slegter om 'n dwaas te ontmoet wat dom dinge doen. Wanneer jy slegte dinge doen aan mense wat goed was vir jou, dan sal dit altyd sleg gaan met jou huisgesin.
SPREUKE 17:12-13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Laat 'n beer wat van kleintjies beroof is, 'n mens ontmoet, maar nie 'n dwaas in sy sotheid nie. Hy wat kwaad vir goed vergelde, die kwaad sal uit sy huis nie wyk nie.
SPREUKE 17:12-13 Afrikaans 1983 (AFR83)
'n Mens kan liewer 'n beerwyfie raakloop wat van haar kleintjies beroof is, as 'n dwaas met sy sotheid. As jy goed met kwaad vergeld, sal die kwaad nooit uit jou huis wyk nie.
SPREUKE 17:12-13 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
'n Beer van haar kleintjies beroof kan eerder op 'n mens afkom, as 'n dwaas in sy sotheid. As iemand goed met kwaad vergeld, sal onheil nie sy huis verlaat nie.
SPREUKE 17:12-13 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Laat 'n beer wat van haar kleintjies beroof is, 'n man ontmoet, eerder as 'n dwaas in sy dwaasheid. Wie kwaad met goed vergeld, die kwaad sal nie uit sy huis wyk nie.
SPREUKE 17:12-13 Die Boodskap (DB)
’n Woedende leeuwyfie wie se kleintjies van haar af weggeneem is, is nie naastenby so gevaarlik soos al die onsin wat ’n dom mens praat nie. As jy mense wat vir jou lief is, sleg behandel, vernietig jy eintlik jouself. Jy sal ’n baie ongelukkige mens word.