SPREUKE 15:8-9
SPREUKE 15:8-9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Die offer van die goddelose is vir die HERE 'n gruwel, maar die gebed van die opregtes is Hom welgevallig. Die wandel van die goddelose is vir die HERE 'n gruwel, maar hom wat geregtigheid najaag, het Hy lief.
SPREUKE 15:8-9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die offer van die goddelose is vir die HERE 'n gruwel, maar die gebed van die opregtes is vir hom 'n behae. Die weg van die goddelose is vir die HERE 'n gruwel, maar Hy het hom lief wat geregtigheid najaag.
SPREUKE 15:8-9 Die Boodskap (DB)
’n Slegte mens se godsdiens is oppervlakkig. Die Here haat sy skynheiligheid. ’n Gelowige se gebed is vir die Here wonderlik. Die Here haat die ongelowiges se slegte dade. Hulle wat opreg leef, het Hy sommer baie lief.
SPREUKE 15:8-9 Bybel vir almal (ABA)
Die Here haat die offers wat mense bring wat verkeerd doen, maar Hy aanvaar die gebede van eerlike mense. Die Here haat dit wanneer mense verkeerd doen, maar Hy hou van mense wat altyd probeer om reg te doen.
SPREUKE 15:8-9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Here het 'n afsku van die offers van goddeloses, maar Hy aanvaar die gebede van opregtes. Die Here het 'n afsku van die lewenswyse van goddeloses; maar Hy het dié lief wat volgens sy wil lewe.