SPREUKE 15:8-10
SPREUKE 15:8-10 Bybel vir almal (ABA)
Die Here haat die offers wat mense bring wat verkeerd doen, maar Hy aanvaar die gebede van eerlike mense. Die Here haat dit wanneer mense verkeerd doen, maar Hy hou van mense wat altyd probeer om reg te doen. Die Here sal die mens straf wat ophou om reg te lewe. Die mens wat dit haat wanneer iemand vir hom wil leer, sal sterf.
SPREUKE 15:8-10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Die offer van die goddelose is vir die HERE 'n gruwel, maar die gebed van die opregtes is Hom welgevallig. Die wandel van die goddelose is vir die HERE 'n gruwel, maar hom wat geregtigheid najaag, het Hy lief. 'n Strenge tugtiging is daar vir hom wat die pad verlaat; hy wat die teregwysing haat, sal sterwe.
SPREUKE 15:8-10 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Here het 'n afsku van die offers van goddeloses, maar Hy aanvaar die gebede van opregtes. Die Here het 'n afsku van die lewenswyse van goddeloses; maar Hy het dié lief wat volgens sy wil lewe. Wie die regte pad verlaat, sal swaar gestraf word; wie teregwysing haat, sal sterf.
SPREUKE 15:8-10 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die offer van goddeloses is afstootlik vir die HERE, maar die gebed van opregtes geniet sy goedkeuring. Afstootlik vir die HERE is die pad van 'n goddelose, maar wie geregtigheid nastreef, vir hom is Hy lief. 'n Ernstige vermaning is gepas vir hom wat die pad verlaat; wie teregwysing haat, sal sterf.
SPREUKE 15:8-10 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die offer van die goddelose is vir die HERE 'n gruwel, maar die gebed van die opregtes is vir hom 'n behae. Die weg van die goddelose is vir die HERE 'n gruwel, maar Hy het hom lief wat geregtigheid najaag. Die teregwysing is swaar vir hom wat die weg verlaat, en hy wat teregwysing haat, sal sterwe.
SPREUKE 15:8-10 Die Boodskap (DB)
’n Slegte mens se godsdiens is oppervlakkig. Die Here haat sy skynheiligheid. ’n Gelowige se gebed is vir die Here wonderlik. Die Here haat die ongelowiges se slegte dade. Hulle wat opreg leef, het Hy sommer baie lief. Wie die Here verlaat, voel sy straf. Wie teregwysing haat, is al klaar dood.
SPREUKE 15:8-10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die HERE verafsku die offers van goddelose mense. Hy is bly oor die gebede van opregtes. Die HERE verafsku die manier waarop goddelose mense leef. Hy het die mense lief wat volgens sy wil lewe. Wie die regte pad verlaat, sal swaar gestraf word. Hy wat berisping haat, sal sterf.