SPREUKE 15:5-7
SPREUKE 15:5-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
’n Dwaas praat smalend oor wat sy pa hom leer, iemand wat hom laat reghelp, is verstandig. In die huis van regverdiges is daar skatte. Wat die goddelose inbring, bring vir hom moeilikheid. Wyse mense versprei kennis met wat hulle sê. Dwase mense kan dit nie doen nie.
SPREUKE 15:5-7 Die Boodskap (DB)
’n Dwase mens verwerp sy ouers se opvoeding. ’n Slimme maak erns met dit wat hulle hom geleer het. ’n Gelowige se rykdom is sy gesin. ’n Slegte mens se skatte bring hom geen geluk nie. Na ’n wyse man kan jy altyd luister. Sy woorde is vol lewenskennis. Dommes dink net aan slegte dinge.
SPREUKE 15:5-7 Bybel vir almal (ABA)
Dit is 'n dwaas wat dink dat die dinge wat sy pa vir hom leer, nie belangrik is nie, maar iemand wat onthou wat sy pa vir hom sê, is verstandig. Iemand wat reg lewe, word baie ryk, maar as 'n mens verkeerd doen, dan sal die goed wat hy kry, dit sleg laat gaan met hom. Wanneer wyse mense praat, dan leer hulle vir baie mense om dinge te weet, maar dwase dink net oor dinge wat nie reg is nie.
SPREUKE 15:5-7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Die sot verag die tug van sy vader, maar hy wat op die teregwysing ag gee, word wys. In die huis van die regverdige is 'n groot skat, maar in die inkomste van die goddelose is verwarring. Die lippe van die wyse strooi kennis uit, maar die hart van die dwase is nie reg nie.
SPREUKE 15:5-7 Afrikaans 1983 (AFR83)
'n Dwaas verag wat sy vader hom leer; wie hom laat teregwys, is verstandig. In die huis van die regverdige is daar groot rykdom; die inkomste van die goddelose is vir hom tot nadeel. Wyse mense versprei kennis met wat hulle sê; dwase het verdraaide opvattings.
SPREUKE 15:5-7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
'n Sot versmaai die vermaning van sy vader, maar hy wat teregwysing ter harte neem, is slim. In die huis van 'n regverdige is daar baie voorraad, maar in die opbrengs van 'n goddelose skuil daar teenspoed. Die lippe van wyses strooi kennis uit, maar die hart van dwase is nie so nie.
SPREUKE 15:5-7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
'n Dwaas verag die tug van sy vader, maar hy wat teregwysing ag, is verstandig. In die huis van die regverdige is baie skatte, maar in die inkomste van die goddelose is moeilikheid. Die lippe van die wyse versprei kennis, maar die hart van die dwase doen dit nie.