SPREUKE 15:29-30
SPREUKE 15:29-30 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Here is ver van die goddeloses af, maar Hy hoor die gebed van die regverdiges. Stralende oë bring blydskap, goeie tyding verkwik 'n mens.
SPREUKE 15:29-30 Bybel vir almal (ABA)
Die Here is ver van mense wat verkeerd doen, maar Hy hoor wanneer mense wat reg lewe, tot Hom bid. Wanneer iemand vriendelik is, dan maak hy mense bly. Goeie nuus laat mense goed voel.
SPREUKE 15:29-30 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Die HERE is ver van die goddelose, maar die gebed van die regverdiges hoor Hy. Stralende oë verbly die hart; 'n goeie tyding maak die gebeente vet.
SPREUKE 15:29-30 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die HERE is ver van goddeloses, maar die gebed van regverdiges hoor Hy. Helder oë verheug die hart, 'n goeie berig verfris die liggaam.
SPREUKE 15:29-30 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die HERE is ver van die goddelose, maar Hy hoor die gebed van die regverdiges. Die lig van die oë verbly die hart, en 'n goeie gerug maak die gebeente vet.