SPREUKE 15:24-26
SPREUKE 15:24-26 Die Boodskap (DB)
’n Gelowige leefstyl bring baie geluk. Dit kan ons teen baie ellendes beskerm. Hoogmoediges wat op ander trap, word vernietig. Die Here sorg vir die armes en die swakkes. Die Here hou niks van die ongelowiges se slegte gedagtes nie. Maar Hy hou baie van gelowiges wat mooi praat met ander.
SPREUKE 15:24-26 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die lewenspad van ’n verstandige mens loop boontoe. Dit stuur weg van die doderyk daar onder. Die HERE vernietig die hoogmoedige se huis. Hy beskerm die grondgebied van die weduwee. Die HERE verafsku slegte planne. Hy hou van skoon gedagtes.
SPREUKE 15:24-26 Bybel vir almal (ABA)
'n Verstandige mens loop op die pad van die lewe, daardie pad gaan boontoe. 'n Verstandige mens loop nie op die pad na die doderyk nie, daardie pad gaan ondertoe. Die Here breek die huis van hoogmoedige mense af, maar Hy beskerm die grond van die weduwee. Die Here haat dit wanneer mense planne maak om slegte dinge te doen, maar Hy hou van vriendelike woorde.
SPREUKE 15:24-26 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Die pad van die lewe gaan vir die verstandige na bowe, sodat hy die doderyk daaronder ontwyk. Die HERE ruk die huis van die trotsaards om, maar die grenslyn van die weduwee stel Hy vas. Die planne van die slegte is vir die HERE 'n gruwel, maar vriendelike woorde is rein.
SPREUKE 15:24-26 Afrikaans 1983 (AFR83)
'n Verstandige mens se pad loop boontoe, na die lewe toe; hy ontkom die doderyk daar onder. Die Here breek die hoogmoedige se huis af en beskerm die grond van die weduwee. Die Here het 'n afsku van bose planne; aangename woorde is vir Hom aanneemlik.
SPREUKE 15:24-26 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die weg na lewe lei opwaarts vir 'n verstandige mens, om so die doderyk daar onder te ontwyk. Die HERE breek die huis van hovaardiges af, maar die gebied van 'n weduwee baken Hy af. Die planne van 'n bose mens is vir die HERE afstootlik, maar vriendelike woorde is suiwer.
SPREUKE 15:24-26 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die weg van die lewe is bo vir die wyse, dat hy kan weggaan uit die hel daaronder. Die HERE sal die huis van hoogmoediges vernietig, maar die grens van die weduwee vasstel. Die gedagtes van die goddelose is vir die HERE 'n gruwel, maar die woorde van die reines is aangename woorde.