SPREUKE 15:22-23
SPREUKE 15:22-23 Bybel vir almal (ABA)
As jy nie vra wat jy moet doen nie, dan sal jou planne nie slaag nie, maar as jy baie raadgewers het, dan sal jou planne slaag. Dit is lekker wanneer 'n mens weet wat om te antwoord, dit is die beste om die regte woord op die regte tyd te sê.
SPREUKE 15:22-23 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Planne misluk sonder beraadslaging, maar deur die veelheid van raadgewers kom dit tot stand. 'n Man het blydskap in die regte antwoord van sy mond, en hoe goed is 'n woord op sy tyd!
SPREUKE 15:22-23 Afrikaans 1983 (AFR83)
Waar daar nie beraadslaging is nie, slaag planne nie; dit slaag wanneer daar baie raadgewers is. 'n Mens vind vreugde daarin as hy die antwoord het; wat is beter as die regte woord op die regte tyd?
SPREUKE 15:22-23 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Planne misluk waar daar geen beraadslaging is nie, maar met baie raadgewers hou dit stand. 'n Mens ervaar vreugde met die gepaste antwoord uit sy mond; ja, 'n woord op sy tyd – hoe goed is dit nie!
SPREUKE 15:22-23 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Sonder raad word doele beskaam, maar in die menigte van raadgewers word hulle vasgestel. 'n Man het blydskap deur die antwoord van sy mond, en 'n woord wat op sy tyd gespreek word, hoe goed is dit!