SPREUKE 15:18-19
SPREUKE 15:18-19 Afrikaans 1983 (AFR83)
'n Humeurige mens soek skoor; 'n verdraagsame mens maak rusies uit die wêreld. 'n Luiaard se pad is met dorings besaai; 'n opregte mens het 'n gelyk pad.
SPREUKE 15:18-19 Bybel vir almal (ABA)
'n Mens wat gou kwaad word, sal twis en stry, maar 'n geduldige mens maak vrede. 'n Lui mens se lewe is soos 'n pad vol dorings, eerlike mense se lewe is soos 'n goeie pad.
SPREUKE 15:18-19 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
'n Driftige man verwek twis, maar die lankmoedige laat die geskil bedaar. Die weg van die luiaard is soos 'n heining van dorings, maar die pad van die opregtes is reggemaak.
SPREUKE 15:18-19 Afrikaans 1983 (AFR83)
'n Humeurige mens soek skoor; 'n verdraagsame mens maak rusies uit die wêreld. 'n Luiaard se pad is met dorings besaai; 'n opregte mens het 'n gelyk pad.
SPREUKE 15:18-19 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
'n Opvlieënde man sit 'n stryery aan die gang, maar 'n geduldige mens bring 'n geskil tot bedaring. Die pad van 'n luiaard is soos 'n doringheining vol dorings, maar die weg van opregtes is gebaan.
SPREUKE 15:18-19 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
'n Toornige man verwek twis, maar hy wat lankmoedig is, bedaar twis. Die weg van die luiaard is soos 'n heining van dorings, maar die weg van die regverdiges is duidelik.