SPREUKE 15:12-14
SPREUKE 15:12-14 Die Boodskap (DB)
’n Ongelowige hou niks daarvan dat ander hom op sy foute wys nie. Hy sal ook nooit die geselskap van gelowiges opsoek nie. Blydskap maak ons vrolik. Hartseer kan ons moed knak. ’n Gelowige smag heeltyd na nog meer kennis en insig. ’n Ongelowige is heeltemal tevrede met sy dwase woorde en gedagtes.
SPREUKE 15:12-14 Bybel vir almal (ABA)
Iemand wat altyd wil spot, hou nie daarvan dat jy vir hom sê hoe hy moet lewe nie, hy gaan vra nie vir wyse mense wat hy moet doen nie. Wanneer iemand bly is, dan sal sy gesig gelukkig lyk, maar wanneer hy hartseer is, dan sien jy hy is moedeloos. 'n Verstandige mens probeer altyd meer weet, maar dwase is tevrede om dom te bly.
SPREUKE 15:12-14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Die spotter hou nie daarvan dat 'n mens hom bestraf nie, hy gaan nie na die wyse toe nie. 'n Vrolike hart maak die aangesig bly, maar by verdriet van die hart is die gees neerslagtig. Die hart van die verstandige soek na kennis, maar die mond van die dwase gaan met sotheid om.
SPREUKE 15:12-14 Afrikaans 1983 (AFR83)
'n Ligsinnige mens hou nie daarvan dat hy tereggewys word nie; hy word nie 'n wyse mens nie. Blydskap laat 'n mens se gesig straal; smart maak 'n mens terneergedruk. 'n Verstandige mens is op soek na kennis; 'n dwaas voed homself met dwaasheid.
SPREUKE 15:12-14 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
'n Spotter hou nie daarvan as iemand hom teregwys nie; na wyses sal hy nie gaan nie. 'n Vrolike hart laat die gesig goed lyk, maar by kommer in die hart is die gees neerslagtig. Die hart van 'n verstandige soek kennis, maar die monde van dwase word gevoed met sotheid.
SPREUKE 15:12-14 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
'n Bespotter het niemand lief wat hom teregwys nie, en hy sal nie na die wyse gaan nie. 'n Vrolike hart maak 'n vrolike aangesig, maar deur droefheid van die hart word die gees gebreek. Die hart van hom wat verstand het, soek kennis, maar die mond van die dwase voed met dwaasheid.
SPREUKE 15:12-14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
’n Spotter hou nie van die persoon wat hom teregwys nie. Hy vra nie raad by ’n wyse nie. Blydskap laat ’n mens se gesig straal. Hartseer maak ’n mens terneergedruk. ’n Verstandige mens soek ernstig na kennis. ’n Dwase mens teer op dwaasheid.