SPREUKE 14:5-6
SPREUKE 14:5-6 Die Boodskap (DB)
’n Betroubare mens se woord kan jy glo. Glibberige mense blaker leuens uit. ’n Dom mens soek tevergeefs na wysheid. Hy weet nie eens waar om te begin nie. ’n Gelowige weet hoe om gelukkig te leef. Hy weet waar om wysheid te vind.
SPREUKE 14:5-6 Bybel vir almal (ABA)
'n Getuie wat altyd die waarheid praat, lieg nie, maar 'n vals getuie hou aan om te lieg. Iemand wat altyd spot, sal nie wysheid kry nie, ook nie wanneer hy dit soek nie. 'n Verstandige mens leer maklik nuwe dinge.
SPREUKE 14:5-6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
'n Betroubare getuie lieg nie, maar 'n valse getuie strooi leuens uit. Die spotter soek wysheid, en dit is nie daar nie; maar vir die verstandige is kennis maklik.
SPREUKE 14:5-6 Afrikaans 1983 (AFR83)
'n Betroubare getuie lieg nie; 'n vals getuie vertel een leuen na die ander. Al soek 'n ligsinnige mens wysheid, hy kry dit nie; 'n verstandige mens doen maklik kennis op.
SPREUKE 14:5-6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
'n Betroubare getuie lieg nie, maar 'n vals getuie ryg leuens uit. 'n Spotter soek wysheid, maar daar is niks; kennis is vir 'n verstandige maklik.
SPREUKE 14:5-6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
'n Betroubare getuie lieg nie, maar 'n valse getuie spreek leuens uit. 'n Spotter soek wysheid en vind dit nie, maar kennis is maklik vir die verstandige.