SPREUKE 14:34-35
SPREUKE 14:34-35 Bybel vir almal (ABA)
Almal respekteer 'n volk wanneer sy mense reg doen, maar wanneer sy mense sonde doen, dan moet 'n volk skaam wees. 'n Koning hou van 'n verstandige amptenaar, maar die koning word kwaad wanneer die amptenaar nie sy werk doen nie.
SPREUKE 14:34-35 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Geregtigheid verhoog 'n volk, maar die sonde is 'n skandvlek vir die nasies. Die welbehae van die koning is vir 'n verstandige dienaar, maar een wat skande maak, is 'n voorwerp van sy grimmigheid.
SPREUKE 14:34-35 Afrikaans 1983 (AFR83)
Gehoorsaamheid aan die Here laat 'n volk sterk staan; sonde bring skande oor 'n volk. 'n Verstandige amptenaar geniet die guns van die koning; een wat skande maak, maak hom kwaad.
SPREUKE 14:34-35 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Geregtigheid verhoog 'n nasie, maar sonde is 'n skande vir volke. Die welwillendheid van die koning is daar vir 'n verstandige dienaar, maar sy gramskap is bedoel vir 'n skandemaker.
SPREUKE 14:34-35 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Geregtigheid verhef 'n nasie, maar sonde is 'n smaad vir enige volk. Die guns van die koning is vir 'n wyse dienskneg, maar sy toorn is teen hom wat skande maak.