SPREUKE 14:30-31
SPREUKE 14:30-31 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
'n Kalm hart gee lewe aan die liggaam, maar naywer is verrotting in die gebeente. Hy wat 'n arme uitbuit, beledig sy Maker, maar wie hom oor die behoeftige ontferm, eer Hom.
SPREUKE 14:30-31 Bybel vir almal (ABA)
Wanneer 'n persoon kalm dink oor dinge, dan bly hy gesond, maar wanneer hy jaloers is, dan maak dit hom siek. Wanneer iemand 'n arm mens verdruk, dan beledig hy die Here wat die arm mens gemaak het. As iemand goed is vir 'n arm mens, dan respekteer en dien hy die Here.
SPREUKE 14:30-31 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
'n Rustige hart is die lewe vir die vlees, maar hartstog 'n verrotting vir die gebeente. Wie die geringe verdruk, versmaad sy Maker, maar hy wat hom oor die behoeftige ontferm, eer Hom.
SPREUKE 14:30-31 Afrikaans 1983 (AFR83)
'n Kalm gemoed hou die liggaam gesond; hartstog vreet 'n mens op. Wie 'n arm mens verdruk, beledig sy Maker; wie hom oor 'n arm mens ontferm, eer God.
SPREUKE 14:30-31 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
'n Kalm hart gee lewe aan die liggaam, maar naywer is verrotting in die gebeente. Hy wat 'n arme uitbuit, beledig sy Maker, maar wie hom oor die behoeftige ontferm, eer Hom.
SPREUKE 14:30-31 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
'n Gesonde hart is die lewe van die vlees, maar beny die verrotting van die gebeente. Hy wat die arme verdruk, smaad sy Maker; maar hy wat hom eer, ontferm hom oor die arme.