SPREUKE 14:3-4
SPREUKE 14:3-4 Bybel vir almal (ABA)
Wanneer 'n dwaas praat, dan wys hy hoe hoogmoedig hy is, en hy kry straf. Wanneer wyse mense praat, dan is hulle veilig. As iemand nie beeste het nie, dan sal die koring in die krip nie opraak nie, maar as hy een sterk bees het, dan kan hy baie koring op die koringland hê.
SPREUKE 14:3-4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
In die mond van die sot is 'n roede vir sy trots, maar die lippe van die wyse bewaar hulle. Waar geen beeste is nie, is die krip leeg, maar deur die krag van die os is die inkomste baie.
SPREUKE 14:3-4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die verwaande woorde van die dwaas bring vir hom straf; die woorde van wyse mense beskerm hulle. As daar nie osse is nie, is die voerkrip leeg; met net een goeie os bring jy 'n groot oes in.
SPREUKE 14:3-4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
In die mond van 'n sot is daar 'n slaanding vir sy hoogmoed, maar die lippe van wyses beskerm hulle. Waar geen beeste is nie, is die voerkrip leeg; maar groot is die opbrengste deur die krag van 'n bul.
SPREUKE 14:3-4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
In die mond van die dwase is 'n roede van trots, maar die lippe van die wyse sal hulle bewaar. Waar geen osse is nie, is die krip rein