SPREUKE 14:11-12
SPREUKE 14:11-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die goddelose se nageslag sterf almal uit. Die opregtes het ’n groot nageslag. Dit lyk dalk vir iemand of hy die regte ding doen; agterna kom dit uit dat dit na die dood gelei het.
SPREUKE 14:11-12 Bybel vir almal (ABA)
Die huisgesinne van mense wat verkeerd doen, sterf gou, maar dit gaan goed met die huisgesinne van eerlike mense. Iemand kan dink dat hy reg lewe, maar die manier hoe hy lewe, bring hom by die dood.
SPREUKE 14:11-12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Die huis van die goddelose word verdelg, maar die tent van die opregtes bloei. Daar is 'n weg wat vir 'n mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood.
SPREUKE 14:11-12 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die goddelose en sy nageslag sterf uit; die opregtes het 'n groot nageslag. Daar is 'n lewenswyse wat vir 'n mens reg kan lyk, maar die uiteinde daarvan is die dood.
SPREUKE 14:11-12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die huis van goddeloses word verdelg, maar die tent van opregtes gedy. Daar is 'n pad wat vir 'n mens reg lyk, maar dit eindig by paaie na die dood.
SPREUKE 14:11-12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die huis van die goddelose sal omvergewerp word, maar die tabernakel van die opregtes sal bloei. Daar is 'n weg wat vir 'n mens reg lyk, maar die einde daarvan is die weë van die dood.