SPREUKE 13:1-6
SPREUKE 13:1-6 Bybel vir almal (ABA)
'n Kind wat wysheid het, luister wanneer sy pa vir hom leer, maar iemand wat altyd wil spot, luister nie wanneer sy pa met hom raas nie. Wanneer 'n mens die regte dinge sê, dan sal hy goeie dinge kry, maar mense wat ontrou is, wil altyd ander mense seermaak en doodmaak. As 'n mens versigtig is wanneer hy iets sê, dan sal hy aanhou lewe, maar 'n mens wat te veel praat, sal sterf. 'n Lui mens word honger en hy kry niks om te eet nie, maar mense wat fluks werk, kry meer as genoeg om te eet. 'n Mens wat reg lewe, haat leuens, maar die mens wat verkeerd doen, sê dinge waaroor almal skaam word. Iemand wat heeltemal reg lewe, is veilig omdat hy reg doen, maar 'n sondaar sterf omdat hy verkeerd doen.
SPREUKE 13:1-6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
'N WYSE seun luister na die tug van die vader, maar 'n spotter hoor nie na berisping nie. Van die vrug van iemand se mond eet hy die goeie, maar die begeerte van die ontroues is 'n daad van geweld. Wie sy mond bewaak, bewaar sy lewe; wie sy lippe wyd oopmaak, vir hom is daar ondergang. Die siel van die luiaard begeer, en daar is niks nie, maar die siel van die vlytiges word versadig. Die regverdige haat leuentaal, maar die goddelose maak gehaat en handel skandelik. Geregtigheid bewaar die regskapene van wandel, maar goddeloosheid bring die sondaar tot 'n val.
SPREUKE 13:1-6 Afrikaans 1983 (AFR83)
'n Wyse seun laat hom leer deur sy vader, 'n ligsinnige slaan nie eens op dreigemente ag nie. 'n Mens kan voorspoedig word deur altyd die regte woorde te gebruik; onbetroubare mense is net uit op geweld. Wie sy mond in bedwang hou, behou sy lewe; wie sy mond nie kan hou nie, gaan sy ondergang tegemoet. Die luiaard se honger word nie gestil nie; hardwerkende mense het meer as genoeg om te eet. Die regverdige haat leuens; die goddelose maak hom gehaat en veragtelik. Die opregte bly behoue deur sy gehoorsaamheid aan die Here; ongehoorsaamheid laat die sondaar te gronde gaan.
SPREUKE 13:1-6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
'n Wyse seun aanvaar die vermaning van 'n vader, maar 'n spotter gee nie gehoor aan 'n dreigement nie. Van die vrug van iemand se mond kan hy iets goeds eet, maar verraderlike mense het 'n begeerte na geweld. Wie sy mond bewaak, beskerm sy lewe; wie sy lippe wyd oopmaak, vir hom wag daar ondergang. 'n Luiaard – sy keel begeer, en daar is niks, maar die keel van vlytiges geniet oorvloed. In vals woorde het 'n regverdige 'n weersin, maar 'n goddelose gedra hom stink en tree skandelik op. Geregtigheid bewaak 'n onberispelike leefwyse, maar goddeloosheid werp 'n sondaar omver.
SPREUKE 13:1-6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
'n Wyse seun luister na die tug van sy vader, maar 'n spotter hoor nie teregwysing nie. 'n Mens sal goed eet uit die vrug van sy mond, maar die siel van die oortreders sal geweld eet. Hy wat sy mond bewaar, bewaar sy lewe; maar hy wat sy lippe wyd oopmaak, sal vernietiging hê. Die siel van die luiaard begeer en het niks nie, maar die siel van die vlytiges sal vet word. 'n Regverdige man haat leuens, maar 'n goddelose is 'n gruwel en kom tot skande. Geregtigheid bewaar hom wat op die pad opreg is, maar goddeloosheid vernietig die sondaar.
SPREUKE 13:1-6 Die Boodskap (DB)
’n Slim jongmens vergeet nie sy ouers se opvoeding nie. ’n Domme laat hom deur niemand leer nie, selfs al dreig jy hom. ’n Gelowige se woorde kan baie vir ander mense beteken. Hy trek self ook voordeel daaruit. Slegte mense kan nie genoeg van geweld kry nie. Hy wat sy mond kan hou, bly uit die moeilikheid uit. ’n Kletskous praat maklik sy mond verby en beland in groot moeilikheid. ’n Luiaard smag na baie dinge, maar hy kry niks daarvan nie. Iemand wat hard werk, het kos en klere. Hy het oorgenoeg om van te leef. ’n Gelowige haat alles wat sleg is. ’n Slegte mens tree walglik op. Sy lewe stink van al die vieslikhede. Die regte manier van leef beskerm die gelowige teen verkeerde dinge. Sonde vernietig ’n booswig se lewe heeltemal.
SPREUKE 13:1-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
’n Wyse seun laat sy pa toe om hom reg te help. Een wat met alles spot, steur hom nie eens aan dreigemente nie. Wat ’n mens sê, kan goeie dinge vir jou bring. Hulle wat afvallig is, soek net na geweld. Iemand wat op sy woorde let, bewaar sy lewe. ’n Eindelose gepratery kan alles ruïneer. Luiaards begeer baie dinge, maar hulle kry dit nie. Mense wat hard werk, kry alles wat hulle begeer. Regverdige mense haat leuens. Goddelose mense bring skade en skande oor hulleself. Geregtigheid bewaar dié wat onberispelik lewe. Goddeloosheid vernietig die sondaar.