SPREUKE 11:24-26
SPREUKE 11:24-26 Bybel vir almal (ABA)
Daar is mense wat hulle goed vir ander mense uitdeel, maar hulle kry altyd meer goed, daar is ook mense wat nie graag vir ander mense iets doen nie, húlle word self arm. Wanneer iemand dit goed laat gaan met ander mense, dan gaan dit goed met hom. As hy vir ander mense water gegee het toe hulle dors was, dan sal hy ook water kry wanneer hy dors is. Wanneer iemand koring het maar hy wil dit nie verkoop nie, dan sal mense hom vervloek, wanneer iemand van sy koring wil verkoop, dan sal mense hom seën.
SPREUKE 11:24-26 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daar is een wat ruim uitdeel en nog meer kry, en een wat terughou meer as wat reg is, maar tot sy gebrek. Die siel wat seën, word versadig; en hy wat laaf, word self ook gelaaf. Hy wat koring terughou, hom vloek die mense; maar seëning kom op die hoof van hom wat koring verkoop.
SPREUKE 11:24-26 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daar is mense wat vrylik uitdeel en tog steeds meer het, daar is ander wat suinig is en tog arm word. Wie 'n ander voorspoed gun, sal self oorvloed hê. Wie die dors van ander les, sal self genoeg kry as hy dors is. Mense vervloek iemand wat weier om koring te verkoop en hulle seën iemand wat gewillig is om te verkoop.
SPREUKE 11:24-26 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daar is iemand wat uitdeel, en hy verkry steeds meer, en een wat meer as wat nodig is, terughou – net om gebrek te ly. 'n Gulhartige persoon geniet oorvloed, en wie 'n ander se dors les, kry self ook genoeg te drinke. Wie graan terughou – die mense vervloek hom, maar seën rus op die kop van iemand wat koring te koop aanbied.
SPREUKE 11:24-26 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Daar is wat verstrooi en tog vermeerder; en daar is wat terughou meer as wat nodig is, maar dit neig tot armoede. Die vrygewige siel sal vet word, en hy wat natmaak, sal self ook natgemaak word. Wie koring terughou, hom vervloek die volk; maar seën sal wees op die kop van hom wat dit verkoop.
SPREUKE 11:24-26 Die Boodskap (DB)
Wie baie vir ander gee, word al hoe ryker. Wie suinig is, word al hoe armer. Wie ander help om beter te lewe is self voorspoedig. Wie ander se nood raaksien, is ’n gelukkige mens. As jy ander help, sal jy gehelp word as jy dit nodig het. Wie nie respek vir die gemeenskap se belange het nie, word verstoot. Wie die nood van die gemeenskap raaksien, word deur almal geëer.
SPREUKE 11:24-26 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Mense wat graag uitdeel, ontvang altyd meer. Daar is ander wat suinig is en hulle word arm. Mense wat ’n ander iets gun, het self altyd oorvloed. Hulle wat ander se dors les, is self altyd verkwik. Mense vervloek selfsugtige mense wat weier om koring te verkoop. Hulle seën iemand wat bereid is om te verkoop.