SPREUKE 11:1-31
SPREUKE 11:1-31 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die HERE haat ’n skaal wat nie reg weeg nie. ’n Akkurate lesing dra sy goedkeuring weg. Verwaandheid bring vernedering. Nederigheid bring wysheid. Die opregtheid van eerlike mense wys vir hulle die koers. Die valsheid van onbetroubare mense bring hulle ondergang. Rykdom gaan niks help op die dag van oordeel nie. Om reg te lewe sal jou red van die dood. Die gehoorsaamheid van die opregte maak sy pad gelyk. Die goddelose sal deur sy goddeloosheid inmekaarstort. Die betroubaarheid van eerlike mense sal hulle red. Onbetroubare mense se eie gierigheid sal hulle inhaal. ’n Slegte mens gaan dood saam met alles wat hy begeer het. Sy verwagtings was net op sy eie mag gebou. God bevry die regverdige uit sy nood; Hy laat goddeloses in daardie nood verval. Goddeloses vernietig mense met hulle woorde. Dié wat reg lewe, word deur hulle kennis gered. ’n Stad juig oor die voorspoed van die regverdiges. Dit jubel as goddelose mense te gronde gaan. As opregte mense ’n stad prys, bring dit voorspoed vir die stad. Die woorde van goddeloses laat dit agteruitgaan. Om neerhalend van ander te praat, getuig van dwaasheid. ’n Verstandige mens sal eerder stilbly. ’n Geskinder lap geheime uit; betroubare mense bewaar geheime. Sonder goeie leiding stort ’n volk in duie; dit is veilig om baie raadgewers te hê. Dit is gevaarlik om vir ’n vreemdeling borg te staan; dit is veiliger om daarvoor nee te sê. ’n Deugsame vrou verdien agting. Gewelddadiges jaag na rykdom. ’n Mens wat vrygewig is, baat self daarby. ’n Wrede mens vernietig homself. Goddeloses word skynbaar gou ryk, maar dit hou nie. Die regverdige sal ’n beloning kry wat vir altyd hou. Lewe wag vir hulle wat regverdig is. Die dood wag vir hulle wat agter kwaad aan is. Die HERE het ’n afsku aan agterbakse mense. Hy is lief vir mense wat onberispelik lewe. Slegte mense sal baie beslis nie loskom nie. Die nageslag van die regverdiges sal vrygespreek word. ’n Mooi vrou sonder gesonde oordeel is soos ’n goue ring in ’n vark se snoet. Die regverdiges wens altyd vir die regte dinge. Waarvoor die goddeloses wag, bring net straf. Mense wat graag uitdeel, ontvang altyd meer. Daar is ander wat suinig is en hulle word arm. Mense wat ’n ander iets gun, het self altyd oorvloed. Hulle wat ander se dors les, is self altyd verkwik. Mense vervloek selfsugtige mense wat weier om koring te verkoop. Hulle seën iemand wat bereid is om te verkoop. ’n Persoon geniet aanvaarding as hy die goeie nastreef. Kwaad haal die een in wat daarop uit is. Iemand wat staatmaak op rykdom, kom juis tot ’n val. Iemand wat reg doen, floreer soos groen blare aan ’n boom. Die een wat in sy huis ongelukkigheid bring, sal naderhand die wind erf. ’n Onverstandige mens word die slaaf van iemand met wysheid. Iemand wat reg optree, is soos ’n vrugbare boom. ’n Mens wat wys is, red ander se lewens. As die regverdige hier op aarde kry wat hom toekom, sal ook die goddelose en die sondaar beslis kry wat hy verdien.
SPREUKE 11:1-31 Bybel vir almal (ABA)
Die Here haat 'n weegskaal wat nie reg weeg nie, Hy hou van gewigte wat presies reg weeg. Mense sal 'n hoogmoedige mens maklik verneder, wyse mense is nederig. Eerlike mense hou aan om reg te lewe, mense wat ontrou is, sterf omdat hulle skelm is. Wanneer die Here kwaad is vir jou, dan help dit nie dat jy ryk is nie, maar wanneer jy reg lewe, dan sal dit jou lewe red. Die pad van eerlike mense is gelyk, want hulle doen reg. 'n Mens wat verkeerd doen, sterf omdat hy verkeerd doen. Mense wat reg lewe, sal aanhou lewe, want hulle doen reg, maar die dinge wat ontrou mense graag wil hê, vang daardie mense. Wanneer die mens wat verkeerd doen, sterf, dan sterf alles wat hy gehoop het, saam met hom, slegte mense kan nie hoop dat dit later goed sal gaan nie. Wanneer dit sleg gaan met 'n mens wat reg lewe, dan red die Here hom, en dan laat Hy dit sleg gaan met die mens wat verkeerd doen. 'n Mens wat nie die Here dien nie, praat sleg oor ander mense, hy wil hulle laat sterf, maar mense wat reg doen, weet hoe hulle moet lewe, en hulle hou aan om te lewe. Die mense in 'n stad is bly wanneer dit goed gaan met die mense wat reg doen, en hulle juig wanneer die mense sterf wat verkeerd doen. Dit gaan goed in 'n stad wanneer die Here die mense seën wat reg lewe, maar wanneer mense verkeerd doen, dan gaan dit sleg in 'n stad. Dit is 'n onverstandige mens wat sê dat 'n ander mens nie belangrik is nie, 'n verstandige mens sê niks. Iemand wat skinder, sê dinge wat ander mense nie moet weet nie, iemand vir wie jy kan glo, praat nie oor die dinge waaroor 'n mens moet stilbly nie. 'n Volk sal 'n oorlog verloor wanneer mense nie goed dink voordat hulle die oorlog begin nie, maar wanneer daar baie raadgewers is, dan sal hulle wen. Dit sal sleg gaan met 'n persoon wat borg staan vir iemand, 'n persoon wat nie wil borg staan nie, is veilig. 'n Goeie vrou lewe só dat mense haar respekteer. Mense wat altyd wil seermaak en doodmaak, lewe net om ryk te word. 'n Persoon wat doen wat hy belowe, kry sy beloning, 'n wrede mens laat homself swaarkry. Die beloning van die mens wat verkeerd doen, beteken niks. Iemand wat aanhou om reg te doen, sal waarlik beloon word. 'n Mens wat aanhou om reg te doen, sal aanhou lewe. 'n Mens wat graag verkeerd doen, sal sterf. Die Here haat skelm mense, maar Hy hou van mense wat reg lewe. Jy kan dit weet, dit is seker, 'n slegte mens sal sy straf kry, maar die nageslag van mense wat reg doen, sal vry wegkom. 'n Mooi vrou wat nie verstandig kan besluit nie, is soos 'n goue ring aan 'n vark se neus. Mense wat reg lewe, wil hê dat dit goed moet gaan, mense wat verkeerd doen, moet weet dat die Here hulle sal straf. Daar is mense wat hulle goed vir ander mense uitdeel, maar hulle kry altyd meer goed, daar is ook mense wat nie graag vir ander mense iets doen nie, húlle word self arm. Wanneer iemand dit goed laat gaan met ander mense, dan gaan dit goed met hom. As hy vir ander mense water gegee het toe hulle dors was, dan sal hy ook water kry wanneer hy dors is. Wanneer iemand koring het maar hy wil dit nie verkoop nie, dan sal mense hom vervloek, wanneer iemand van sy koring wil verkoop, dan sal mense hom seën. Wanneer iemand goed wil doen, dan sal mense goed wees vir hom, wanneer iemand slegte dinge wil doen, dan sal slegte dinge met hom gebeur. Iemand wat dink dat dit hom sal help as hy ryk is, sal sterf, maar dit sal baie goed gaan met mense wat reg lewe. Wanneer iemand slegte dinge met sy huisgesin laat gebeur, dan sal hy later alles verloor. 'n Onverstandige mens word die slaaf van 'n wyse mens. Iemand wat reg lewe, laat ander mense waarlik lewe, 'n wyse mens sal lank lewe. Mense wat reg doen, kry op die aarde alles wat hulle moet kry, mense wat verkeerd doen en wat sondaars is, sal ook alles kry wat hulle moet kry, hulle sal straf kry.
SPREUKE 11:1-31 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
'N VALSE weegskaal is vir die HERE 'n gruwel, maar in 'n volle gewig het Hy behae. Kom die vermetelheid, dan kom die skande, maar by die beskeidenes is wysheid. Die regskapenheid van die opregtes is vir hulle 'n leier, maar die valsheid van die ontroues vernietig hulle. Goed bring geen voordeel op die dag van die grimmigheid nie, maar geregtigheid red van die dood. Die geregtigheid van die regskapene maak sy weg gelyk, maar die goddelose val deur sy goddeloosheid. Die geregtigheid van die opregtes red hulle, maar deur hulle eie begeerlikheid word die ontroues gevang. By die dood van 'n goddelose mens gaan sy hoop tot niet, en die verwagting van die roekelose het vergaan. Word die regverdige uit die benoudheid gered, dan kom die goddelose in sy plek. Deur die mond stort die roekelose sy naaste in die verderf, maar deur kennis word die regverdiges gered. Oor die voorspoed van die regverdiges jubel 'n stad, en as die goddelose omkom, is daar gejubel. Deur die seën van die opregtes kom 'n stad op, maar deur die mond van die goddelose word dit afgebreek. Die verstandelose verag sy naaste, maar 'n verstandige man bly stil. Die wat met kwaadsprekery omgaan, maak 'n geheim openbaar, maar hy wat betroubaar is van gees, bedek 'n saak. As daar nie goeie oorleg is nie, val 'n volk; maar in die veelheid van raadgewers is redding. Baie sleg word iemand behandel as hy vir 'n ander borg gestaan het; maar hy wat haat wie die handslag gee, is veilig. 'n Aanvallige vrou verkry eer, en die geweldenaars verkry rykdom. 'n Man wat 'n weldaad bewys, doen goed aan sy eie siel, maar 'n wreedaard pynig sy eie vlees. Die goddelose behaal oneerlike wins, maar hy wat geregtigheid saai, 'n betroubare loon. Ware geregtigheid lei tot die lewe, maar hy wat die kwaad najaag, jaag na sy dood. Die wat verkeerd van hart is, is vir die HERE 'n gruwel; maar Hy het behae in die wat regskape van wandel is. Sekerlik, die slegte bly nie ongestraf nie; maar die geslag van regverdiges raak vry. 'n Goue ring in 'n vark se snuit, so is 'n vrou wat mooi is maar sonder beleid. Die begeerte van die regverdiges is net ten goede, maar die hoop van die goddelose is 'n strafgerig van toorn. Daar is een wat ruim uitdeel en nog meer kry, en een wat terughou meer as wat reg is, maar tot sy gebrek. Die siel wat seën, word versadig; en hy wat laaf, word self ook gelaaf. Hy wat koring terughou, hom vloek die mense; maar seëning kom op die hoof van hom wat koring verkoop. Wie die goeie nastreef, soek wat welgevallig is; maar hy wat die kwaad soek, oor hom sal dit kom. Wie op sy rykdom vertrou, dié sal val; maar die regverdiges sal soos blare uitspruit. Wie sy huis in beroering bring, sal wind erwe, en 'n dwaas word 'n slaaf van hom wat wys van hart is. Die vrug van die regverdige is 'n boom van die lewe, en hy wat siele win, is wys. As die regverdige op aarde vergelding ontvang, hoeveel te meer die goddelose en die sondaar!
SPREUKE 11:1-31 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Here het 'n afsku van 'n skaal wat nie reg weeg nie; net die regte gewig dra sy goedkeuring weg. Selfverheffing bring vernedering; wie nederig is, het wysheid. Die opregtheid van eerlike mense bepaal hulle koers; die valsheid van onbetroubares bring hulle ondergang. Rykdom baat nie wanneer die Here straf nie; om te lewe volgens sy wil, red van die dood. Die gehoorsaamheid van die opregte maak sy pad gelyk; wie verkeerd doen, kom daardeur tot 'n val. Die betroubaarheid van eerlike mense red hulle; onbetroubare mense word deur hulle hebsug gevang. Wanneer 'n slegte mens sterf, verdwyn alle hoop, selfs die verwagting wat op mag gebou is. Die regverdige word uit sy nood bevry, en dié nood tref die goddelose. 'n Godlose mens laat 'n ander te gronde gaan met wat hy sê; mense wat aan God gehoorsaam is, word deur hulle kennis gered. 'n Stad juig oor die voorspoed van regverdiges en jubel wanneer die goddeloses te gronde gaan. 'n Stad kry 'n goeie naam wanneer opregte mense dit prys, maar dit word afgebreek deur wat goddelose mense daarvan sê. 'n Onverstandige mens praat met minagting van 'n ander; 'n verstandige mens swyg. Iemand wat loop en skinder, lap geheime uit; 'n betroubare mens bewaar 'n geheim. Sonder oorwoë leiding val 'n volk; die redding lê in baie raadgewers. Dit gaan sleg met hom wat vir iemand borg staan; die man wat weier om borg te staan, is veilig. 'n Deugsame vrou is gesteld op haar goeie naam; mense wat niks ontsien nie, is gesteld op rykdom. 'n Mens wat iets vir 'n ander oor het, baat self daarby; 'n hartelose mens word deur sy eie toedoen verstoot. Die wins wat 'n slegte mens maak, hou nie; wie volhou om reg te doen, kry blywende beloning. Die lewe lê voor vir wie by die reg bly, die dood wag vir wie aanhou kwaad doen. Die Here verafsku mense wat nie opreg is nie; Hy hou van mense wat onberispelik lewe. Dit staan vas: 'n slegte mens sal nie loskom nie, maar selfs die nageslag van die regverdiges sal vrygespreek word. Die skoonheid van 'n vrou sonder oordeel is soos 'n goue ring aan 'n vark se snoet. Die regverdiges begeer die goeie; vir die goddeloses wag daar net straf. Daar is mense wat vrylik uitdeel en tog steeds meer het, daar is ander wat suinig is en tog arm word. Wie 'n ander voorspoed gun, sal self oorvloed hê. Wie die dors van ander les, sal self genoeg kry as hy dors is. Mense vervloek iemand wat weier om koring te verkoop en hulle seën iemand wat gewillig is om te verkoop. Wie die goeie nastreef, kan goedkeuring verwag; wie op die kwaad uit is, kry dit. Wie op sy rykdom staatmaak, kom tot 'n val; wie reg doen, floreer soos groen blare aan 'n boom. Wie sy huishouding verwaarloos, sal naderhand net wind oor hê; 'n onverstandige mens word die slaaf van dié een wat wysheid het. Wie die wil van die Here doen, is 'n bron van lewe; die mens wat wysheid het, red lewens. Die regverdige kry hier op aarde wat hom toekom; net so seker die goddelose en die sondaar.
SPREUKE 11:1-31 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
'n Vals weegskaal is vir die HERE afstootlik, maar 'n egte gewig geniet sy goedkeuring. As verwaandheid kom, kom skande, maar by beskeie mense is daar wysheid. Die onkreukbaarheid van opregtes lei hulle, maar die verdorwenheid van verraderlikes vernietig hulle. Rykdom baat niks in 'n tyd van gramskap nie, maar regverdigheid red van die dood. Die regverdigheid van dié wat onberispelik is, maak sy pad gelyk, maar deur sy goddeloosheid val 'n goddelose. Die regverdigheid van opregtes red hulle, maar deur die wispelturigheid van verraderlikes word hulle self gevang. By die dood van 'n goddelose is sy hoop daarmee heen, en die verwagting wat rykdom bied, verlore. Die regverdige word uit nood bevry, en 'n goddelose neem dan sy plek in. Met die mond vernietig 'n ongelowige sy medemens, maar deur kennis word regverdiges bevry. Oor die voorspoed van regverdiges is 'n dorp verheug, en wanneer goddeloses ten gronde gaan, is daar jubelkrete. Deur die seën van opregtes bereik 'n dorp hoogtes, maar deur die mond van goddeloses word dit afgebreek. Wie sy naaste verkleineer, is sonder verstand, maar iemand met insig bly stil. Wie as 'n skindertong rondgaan, openbaar geheime, maar 'n betroubare persoon hou die saak verborge. Sonder leierskap val 'n volk, maar oorwinning lê by baie raadgewers. Iemand sal beslis skade ly wanneer hy vir 'n vreemde borg staan; wie 'n weersin het in die gee van handdrukke, is veilig. 'n Bekoorlike vrou palm eer in, maar geweldenaars palm rykdom in. Wie troue liefde betoon, doen goed aan homself; 'n hartelose mens stort homself in die ongeluk. 'n Goddelose maak bedrieglike wins, maar wie geregtigheid saai, kry 'n egte beloning. Egte regverdigheid is gerig op die lewe, maar wie kwaad najaag, stuur af op sy dood. Mense met geslepe harte is vir die HERE afstootlik, maar dié met 'n onbesproke lewenspad geniet sy goedkeuring. Dit staan vas: Kwaad bly nie ongestraf nie, maar die nakomelinge van regverdiges kom vry. 'n Goue ring aan 'n vark se snoet – so is 'n vrou wat mooi is, maar goeie oordeel prysgee. Wat regverdiges begeer, strek net ten goede, maar die hoop van goddeloses bring gramskap. Daar is iemand wat uitdeel, en hy verkry steeds meer, en een wat meer as wat nodig is, terughou – net om gebrek te ly. 'n Gulhartige persoon geniet oorvloed, en wie 'n ander se dors les, kry self ook genoeg te drinke. Wie graan terughou – die mense vervloek hom, maar seën rus op die kop van iemand wat koring te koop aanbied. Wie die goeie voor oë het, soek aanvaarding, maar wie kwaad nastreef – dit haal hom in. Wie op sy rykdom vertrou, val self, maar soos groen blare spruit regverdiges uit. Wie rampspoed oor sy huis bring, erf wind, en 'n sot word die slaaf van 'n verstandige mens. Die vrug van 'n regverdige is 'n boom van lewe, maar geweld neem lewens weg. As 'n regverdige op aarde vergeld word, hoeveel te meer 'n goddelose en 'n sondaar!
SPREUKE 11:1-31 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
'n Valse weegskaal is vir die HERE 'n gruwel, maar 'n regverdige gewig is sy behae. Wanneer hoogmoed kom, dan kom skande, maar by die geringes is wysheid. Die opregtheid van die opregtes sal hulle lei, maar die verkeerdheid van die oortreders sal hulle vernietig. Rykdom baat nie op die dag van toorn nie, maar geregtigheid red van die dood. Die geregtigheid van die volmaakte sal sy weg gelyk maak, maar die goddelose sal deur sy eie boosheid val. Die geregtigheid van die opregtes sal hulle red, maar oortreders sal in hulle eie stoutheid gevang word. Wanneer 'n goddelose sterf, vergaan sy verwagting, en die hoop van onregverdiges vergaan. Die regverdige word uit benoudheid gered, en die goddelose kom in sy plek. 'n Geveinsde met sy mond vernietig sy naaste, maar deur kennis sal die regverdige gered word. As dit met die regverdiges goed gaan, is die stad bly; en as die goddelose omkom, is daar gejuig. Deur die seën van die opregtes word die stad verhef, maar deur die mond van die goddelose word dit omgekeer. Wie wysheidloos is, verag sy naaste, maar 'n man van verstand swyg. 'n Beswaardeer maak geheime bekend, maar hy wat getrou is van gees, verberg die saak. Waar geen raad is nie, val die volk; maar in die menigte van raadgewers is daar veiligheid. Hy wat borg is vir 'n vreemdeling, sal daarvoor slim wees; en hy wat borg haat, is seker. 'n Genadige vrou behou eer, en sterk manne behou rykdom. Die barmhartige man doen goed aan sy eie siel, maar hy wat wreed is, benadeel sy eie vlees. Die goddelose doen 'n bedrieglike werk, maar vir hom wat geregtigheid saai, sal 'n vaste loon wees. Soos geregtigheid na die lewe lei, so jaag hy wat kwaad najaag dit na tot sy dood toe. Die wat verkeerd van hart is, is vir die HERE 'n gruwel; Al vat hand in hand, die goddelose bly nie ongestraf nie, maar die nageslag van die regverdiges word gered. Soos 'n goue juweel in 'n vark se snoet, so is 'n mooi vrou wat onoordeelkundig is. Die begeerte van die regverdige is net goed, maar die verwagting van die goddelose is toorn. Daar is wat verstrooi en tog vermeerder; en daar is wat terughou meer as wat nodig is, maar dit neig tot armoede. Die vrygewige siel sal vet word, en hy wat natmaak, sal self ook natgemaak word. Wie koring terughou, hom vervloek die volk; maar seën sal wees op die kop van hom wat dit verkoop. Hy wat die goeie soek, verkry guns; maar hy wat onheil soek, dit sal oor hom kom. Hy wat op sy rykdom vertrou, sal val, maar die regverdiges bloei soos 'n loot. Hy wat sy huis in beroering bring, sal die wind beërwe, en die dwaas sal die wyse van hart dien. Die vrug van die regverdige is 'n boom van die lewe; en hy wat siele wen, is wys. Kyk, die regverdiges sal op die aarde vergeld word, veel meer die goddelose en die sondaar.
SPREUKE 11:1-31 Die Boodskap (DB)
Dit walg die Here wanneer besigheidsmense oneerlik is, wanneer produkte swak en pryse buitensporig is. Eerlike transaksies maak Hom gelukkig. Mense wat dink hulle is beter as ander, word uiteindelik verneder. Mense wat nie so baie van hulleself dink nie, verstaan die kuns van die lewe. Vir mense wat die Here baie liefhet, is die lewe makliker. Hulle wat Hom nie ken nie, word deur valshede verwoes. Baie geld help maar min wanneer probleme jou oorval. Wie die Here ken, word van die dood gered. ’n Gelowige vir wie die Here ’n werklikheid is, leef reg. Slegte mense se verkeerde dade verwoes hulle. ’n Gelowige se verhouding met die Here help hom om krisisse te oorleef. Ongelowiges is die gevangenes van hulle eie begeertes. Wanneer ’n ongelowige doodgaan, sterf hy sonder enige hoop; al die drome en verwagtings wat hy lewenslank gekoester het, is dadelik daarmee heen. Hulle wat die Here ken, word in moeilike tye gehelp. Ongelowiges raak net meer en meer in hulle probleme verstrik. ’n Ongelowige verwoes ander met sy woorde. ’n Gelowige wat die lewe ken, se woorde help ander wat in die moeilikheid is. As dit met die gelowige goed gaan, is almal baie bly. As ’n slegte mens doodgaan, klink daar oral uitroepe van blydskap op. Wanneer die Here ’n gelowige voorspoedig maak, trek baie mense voordeel uit sy rykdom. ’n Slegte mens se woorde en dade kan ’n hele gemeenskap laat ly. Iemand wat ’n vriend in die openbaar verneder, is ’n hartelose mens. Iemand met ’n fyn aanvoeling vir ander sal eerder swyg. Iemand wat skinderstories loop en versprei, lap ander se geheime uit. ’n Man met integriteit hou ’n geheim vir homself. Waar kennis van die lewe ontbreek, gaan ’n volk onder. ’n Goeie regering se krag lê in sy kundige leiers. Iemand wat sommerso vir ’n vreemde borg staan, kan finansieel swaarkry. Hy wat dit haat om borg te staan, se geld is veilig in die bank. Vir ’n vrou met integriteit is haar goeie naam belangrik. Vir roekelose mense wat niks vir ander omgee nie, is geld die belangrikste van alles. Iemand wat vir ander mense goed is, sal self die vrugte daarvan pluk. Iemand wat niks vir ander omgee nie, vernietig homself. ’n Skurk se optrede bring min lewensvreugde. Wie vir ander mense omgee, se lewe sal vol blydskap wees. Wie die Here opreg dien, ervaar die lewe in al sy volheid. Wie verkeerde dinge doen, is dood, al haal hy nog asem. Mense wat net aan verkeerde dinge dink, maak die Here baie kwaad. Hy is baie gelukkig met hulle wat reg leef. Niks staan vaster as ’n slegte mens se straf nie. ’n Gelowige se nageslag sal gelukkig wees. Iemand sonder insig en die regte lewenstyl is soos ’n vark met ’n goue ring. Gelowiges het altyd hoop. Ongelowiges se drome lei tot frustrasie en ellende. Wie baie vir ander gee, word al hoe ryker. Wie suinig is, word al hoe armer. Wie ander help om beter te lewe is self voorspoedig. Wie ander se nood raaksien, is ’n gelukkige mens. As jy ander help, sal jy gehelp word as jy dit nodig het. Wie nie respek vir die gemeenskap se belange het nie, word verstoot. Wie die nood van die gemeenskap raaksien, word deur almal geëer. Wie reg leef, verheerlik God. Wie na slegte dinge smag, word daardeur verwoes. Wie dink hy kan op sy geld vertrou, sal wreed ontnugter word. Wie in die Here glo, gaan van krag tot krag. Wie sy huisgesin te na kom se lewe sal leeg en sinloos wees. ’n Dom mens wat nie weet hoe om reg te lewe nie, sal nog vir ’n wyse werk. Die vrug van die geloof is die lewe in al sy volheid. ’n Wyse verstaan die honger en die nood van ander. As selfs ’n gelowige hier op aarde ly, hoeveel te meer nie ’n goddelose en ’n sondaar nie.