SPREUKE 1:8-9
SPREUKE 1:8-9 Bybel vir almal (ABA)
My kind, jy moet luister na wat jou pa en jou ma vir jou wil leer, jy moenie vergeet wat hulle vir jou leer nie. As jy dit nie vergeet nie, dan sal jy 'n mooi lewe hê.
SPREUKE 1:8-9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
My seun, luister na die tug van jou vader, en verwerp die onderwysing van jou moeder nie; want dit is 'n lieflike krans vir jou hoof en sierlike kettings vir jou hals.
SPREUKE 1:8-9 Afrikaans 1983 (AFR83)
My seun, jy moet luister na die onderrig wat jou vader jou gee; moenie wat jou moeder jou leer, verontagsaam nie: dit sal jou lewe versier soos 'n krans jou kop en 'n kettinkie jou hals.
SPREUKE 1:8-9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
My seun, luister na die vermaning van jou vader, en moenie die onderrig van jou moeder verontagsaam nie; want dit is 'n bekoorlike krans vir jou kop, en halssnoere vir jou nek.
SPREUKE 1:8-9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
My seun, hoor die tug van jou vader, en versaak die wet van jou moeder nie. Want hulle sal 'n sierlike versiering vir jou hoof wees en kettings om jou nek.