FILIPPENSE 4:4,7
FILIPPENSE 4:4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Verbly julle altyd in die Here! Ek herhaal: Verbly julle!
Filippense 4:7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
En die vrede van God, wat alle begrip oortref, sal in •Christus Jesus oor julle harte en gedagtes waak.
FILIPPENSE 4:4 Bybel vir almal (ABA)
Julle behoort aan die Here. Daarom moet julle altyd bly wees! Ek sê dit weer, julle moet bly wees!
Filippense 4:7 Bybel vir almal (ABA)
Julle behoort aan Christus Jesus. Daarom sal God vir julle vrede gee, vrede wat baie beter is as enige iets waaraan mense kan dink, vrede wat die dinge beskerm wat julle dink.
FILIPPENSE 4:7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus.
FILIPPENSE 4:7 Afrikaans 1983 (AFR83)
En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.
FILIPPENSE 4:4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Verbly julle altyd in die Here! Ek herhaal: Verbly julle!
Filippense 4:7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
En die vrede van God, wat alle begrip oortref, sal in •Christus Jesus oor julle harte en gedagtes waak.
FILIPPENSE 4:4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Wees altyd bly in die Here, en ek sê weer: Wees bly.
Filippense Filippense 4:7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en sinne bewaar deur Christus Jesus.
FILIPPENSE 4:4 Die Boodskap (DB)
Julle hart behoort oor te loop van blydskap omdat julle aan die Here behoort. Ek sê weer, julle moet baie bly wees.
Filippense 4:7 Die Boodskap (DB)
Hierdie wete dat Jesus by jou is, sal keer dat die bekommernisse weer met jou emosies weghardloop of dat jy jou weer van voor af begin bekommer.
FILIPPENSE 4:4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Wees altyd bly omdat julle weet dat julle aan die Here behoort. Ek sê dit weer: “Wees bly!”