FILIPPENSE 4:21-22
FILIPPENSE 4:21-22 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Groet elke heilige in Christus Jesus. Die broers wat hier by my is, stuur vir julle groete. Al die •heiliges, veral dié van die keiser se huishouding, stuur vir julle groete.
FILIPPENSE 4:21-22 Bybel vir almal (ABA)
Ek stuur groete vir al die gelowiges in die stad Filippi wat aan Christus Jesus behoort. Al die vriende hier by my stuur ook groete vir julle. Al die gelowiges hier stuur ook groete vir julle. Die mense wat vir die keiser werk, stuur spesiale groete.
FILIPPENSE 4:21-22 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Groet elke heilige in Christus Jesus. Die broeders wat saam met my is, groet julle. Al die heiliges, en veral die wat aan die keiserlike huis behoort, groet julle.
FILIPPENSE 4:21-22 Afrikaans 1983 (AFR83)
Groete aan almal wat aan God behoort deur Christus Jesus. Die broers hier by my stuur vir julle groete. Ook al die gelowiges en veral dié wat aan die huis van die keiser verbonde is, stuur vir julle groete.
FILIPPENSE 4:21-22 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Groet elke heilige in Christus Jesus. Die broeders wat saam met my is, groet julle. Al die heiliges groet julle, veral die wat van die keiser se huis is.