FILIPPENSE 4:18-19
FILIPPENSE 4:18-19 Die Boodskap (DB)
Epafroditos het vir my alles gegee wat julle gestuur het. Nou het ek oorgenoeg, alles wat ek nodig het. God hou baie daarvan. Vir Hom is dit soos ’n wonderlike offer wat baie lekker ruik. Niemand is en kan ooit so ryk en belangrik wees soos God nie. Hy sal vir julle sorg deur vir julle te gee wat julle nodig het. Dit sal Hy doen omdat julle aan Jesus behoort.
FILIPPENSE 4:18-19 Bybel vir almal (ABA)
Ek het alles gekry wat julle gestuur het en ek het nou genoeg. Epafroditos het vir my die goed gebring wat julle gestuur het, en nou het ek genoeg. Dit wat julle gestuur het, is 'n offer wat julle vir God gegee het, 'n offer wat Hy graag wil hê, 'n offer waarvan Hy baie hou. My God sal vir julle alles gee wat julle nodig het, want Hy het baie wonderlike dinge wat Hy vir ons wil gee, dinge wat van Christus Jesus kom.
FILIPPENSE 4:18-19 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar ek het alles ontvang, en ek het oorvloed. Ek het dit volop noudat ek van Epafrodítus ontvang het wat deur julle gestuur is, 'n lieflike geur, 'n welgevallige offer, welbehaaglik by God. En my God sal elke behoefte van julle vervul na sy rykdom in heerlikheid deur Christus Jesus.
FILIPPENSE 4:18-19 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar ek het alles ontvang en ek het meer as genoeg. Noudat ek van Epafroditos ontvang het wat julle gestuur het, het ek alles wat ek nodig het. Julle gawe is voor God 'n offer met lieflike geur, vir Hom aanneemlik en welgevallig. En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy wonderbaarlike rykdom in Christus Jesus.
FILIPPENSE 4:18-19 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek is ten volle vergoed, en het meer as genoeg; ek is ten volle versorg, noudat ek van Epafroditus ontvang het wat van julle af kom: 'n geurige offer, 'n aanneemlike offergawe wat God behaag. En my God sal ruimskoots in al julle behoeftes voorsien, in ooreenstemming met sy heerlike rykdom in •Christus Jesus.
FILIPPENSE 4:18-19 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar ek het alles en is oorvloedig: ek is versadig, nadat ek van Epafroditus die dinge ontvang het wat van julle gestuur is, 'n geur van 'n lieflike geur, 'n welgevallige offer, aan God welgevallig. Maar my God sal in al julle behoeftes voorsien volgens sy rykdom in heerlikheid deur Christus Jesus.
FILIPPENSE 4:18-19 Die Boodskap (DB)
Epafroditos het vir my alles gegee wat julle gestuur het. Nou het ek oorgenoeg, alles wat ek nodig het. God hou baie daarvan. Vir Hom is dit soos ’n wonderlike offer wat baie lekker ruik. Niemand is en kan ooit so ryk en belangrik wees soos God nie. Hy sal vir julle sorg deur vir julle te gee wat julle nodig het. Dit sal Hy doen omdat julle aan Jesus behoort.
FILIPPENSE 4:18-19 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Op hierdie stadium het ek alles ontvang – en meer as genoeg! Met dit wat julle saam met Epafroditus gestuur het, het ek alles wat ek nodig het. Wat julle gestuur het, is ’n lieflike reukoffer waarvan God hou. Omdat Christus Jesus dit verdien het, sal my God uit sy heerlike rykdom vir julle voorsien in elke behoefte wat julle het.