FILIPPENSE 3:20-21
FILIPPENSE 3:20-21 Bybel vir almal (ABA)
Maar God wat in die hemel is, is ons Koning. En ons weet die Here Jesus Christus sal uit die hemel kom om ons te red. Sy krag is groot, Hy regeer oor alles. Hy sal sy krag gebruik om ons wat swak is, te verander sodat ons soos Hy sal wees, Hy wat Koning is.
FILIPPENSE 3:20-21 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want ons burgerskap is in die hemele, van waar ons ook as Verlosser verwag die Here Jesus Christus, wat ons vernederde liggaam van gedaante sal verander, om gelykvormig te word aan sy verheerlikte liggaam volgens die werking waardeur Hy ook alles aan Homself kan onderwerp.
FILIPPENSE 3:20-21 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar ons is burgers van die hemel, van waar af ons ook die Here Jesus Christus as Verlosser verwag. Deur die krag waarmee Hy alles aan Homself onderwerp, sal Hy ons nederige liggame verander om soos sy verheerlikte liggaam te wees.
FILIPPENSE 3:20-21 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ons burgerskap is egter in die hemel, vanwaar ons as Verlosser die Here Jesus Christus verwag. Hy sal ons nederige liggaam verander, om gelykvormig te word aan sy verheerlikte liggaam, deur die krag wat Hom in staat stel om alles aan Homself te onderwerp.
FILIPPENSE 3:20-21 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want ons wandel is in die hemel; vanwaar ons ook die Verlosser verwag, die Here Jesus Christus: Wie sal ons veragtelike liggaam verander, sodat dit gevorm kan word soos sy verheerlikte liggaam, volgens die werking waardeur Hy in staat is om selfs alles aan Homself te onderwerp.
FILIPPENSE 3:20-21 Die Boodskap (DB)
Hoe anders is ons nie! Wat vir ons saak maak, is die hemelse dinge. Daar lê ons ware vaderland. Uit daardie vaderland sal ons Redder kom. Uit die hemel verwag ons ons Here, Jesus Christus. Hy gaan ons swak menslike liggaam verander. Hy gaan ons liggaam nuut maak soos sy liggaam is na sy opstanding, verhewe en heerlik. Hy sal dit doen omdat Hy baie sterk is, want sy krag oortref alle ander krag. Wat Hy wil, dit kan Hy doen.
FILIPPENSE 3:20-21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Ons, daarteenoor, het ons burgerskap in die hemel. Van dáár verwag ons ook die Here Jesus Christus as Verlosser. Hy sal ons vernederde liggame verander in liggame met goddelike heerlikheid, soos sy eie. Hiervoor sal Hy dieselfde krag gebruik as dié waarmee Hy alle dinge onder sy gesag bring.