FILIPPENSE 1:3-4
FILIPPENSE 1:3-4 Bybel vir almal (ABA)
Elke maal wanneer ek aan julle dink, dan sê ek vir my God dankie. Elke maal wanneer ek vir julle almal bid, dan word ek bly
FILIPPENSE 1:3-4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EK dank my God elke maal as ek aan julle dink — en ek bid altyd in al my gebede vir julle almal met blydskap
FILIPPENSE 1:3-4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek dank my God elke keer as ek aan julle dink. In al my gebede bid ek altyd met blydskap vir julle almal
FILIPPENSE 1:3-4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek dank my God elke keer wanneer ek aan julle dink. Altyd, in elke gebed van my vir julle almal, bid ek met blydskap
FILIPPENSE 1:3-4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ek dank my God by elke gedagtenis aan julle, Altyd in elke gebed van my vir julle almal wat met blydskap versoek
FILIPPENSE 1:3-4 Die Boodskap (DB)
Elke keer wanneer ek aan julle dink en met God oor julle praat, sê ek vir Hom baie dankie vir gelowiges soos julle. In geen gebed slaan ek oor om spesifiek aan julle te dink nie, en dit is ook baie lekker vir my om vir julle te bid.