FILIPPENSE 1:20-21
FILIPPENSE 1:20-21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Dit is my strewe en hoop dat ek nooit iets sal doen waaroor ek my sal hoef te skaam nie. Ek wil eerder, soos nog altyd, ook nou in my hele bestaan – of ek bly leef en of ek moet sterf – Christus met volle vrymoedigheid verheerlik. Want vir my is die lewe Christus, en die sterwe wins.
FILIPPENSE 1:20-21 Bybel vir almal (ABA)
Ek hoop en ek weet seker dat God my sal help en dat Hy my nie sal los nie. Ja, ek wil altyd, soos voorheen, graag wys dat Christus die belangrikste is. Daarom maak dit nie saak of ek sal lewe en of ek sal sterf nie. As ek lewe, dan lewe ek vir Christus, en as ek sterf, dan is dit vir my nog beter.
FILIPPENSE 1:20-21 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
volgens my reikhalsende verwagting en hoop dat ek in niks beskaam sal word nie; maar dat Christus met alle vrymoedigheid, soos altyd so ook nou, groot gemaak sal word in my liggaam, of dit deur die lewe of deur die dood is. Want vir my is die lewe Christus en die sterwe wins.
FILIPPENSE 1:20-21 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dit is my vurige verlange, en daarna sien ek uit, dat ek niks sal doen waaroor ek my sal hoef te skaam nie. Ek wil ook nou, soos nog altyd, met alle vrymoedigheid deur my hele wese Christus verheerlik in lewe en in sterwe, want om te lewe, is vir my Christus, en om te sterwe, is vir my wins.
FILIPPENSE 1:20-21 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Dit is immers my innige verwagting en hoop dat ek nie in enige opsig beskaam sal word nie, maar dat Christus met alle vrymoedigheid ook nou, soos altyd, deur my liggaam verheerlik sal word, of dit nou deur my lewe of deur my dood is. Want vir my is om te leef Christus, en om te sterf wins
FILIPPENSE 1:20-21 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Volgens my ernstige verwagting en my hoop, dat ek in niks sal skaam nie, maar dat Christus met alle vrymoedigheid, soos altyd, nou ook in my liggaam groot gemaak sal word, of dit nou deur die lewe of deur die dood is. Want vir my is om te lewe Christus, en om te sterwe is wins.
FILIPPENSE 1:20-21 Die Boodskap (DB)
Ek is seker dat ek nie skaam sal wees oor wat ek gedoen het nie. Ek maak Christus mos groot deur wat ek inderdaad doen, en ek doen niks skelms nie. Wat ek in die verlede gedoen het, bly ek steeds doen, maak nie saak of ek daarvoor moet sterf en of ek moet bly lewe nie. Om te lewe beteken vir my om vir Christus te lewe. Ek kan nog soveel goeie dinge vir Hom doen. Maar om te sterf sal aan die ander kant ook nie vir my sleg wees nie.