FILIPPENSE 1:18-19
FILIPPENSE 1:18-19 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar wat maak dit? In alle geval, op allerlei wyse, of dit onder 'n skyn of in waarheid is, word Christus verkondig; en hierin verbly ek my en sal ek my ook verbly. Want ek weet dat dit deur julle gebed en die ondersteuning van die Gees van Jesus Christus my tot heil sal strek
FILIPPENSE 1:18-19 Bybel vir almal (ABA)
Party mense is vals wanneer hulle preek, en party mense wil goed doen wanneer hulle preek. Maar dit maak nie vir my saak hoekom hulle preek nie. Hulle preek almal oor Christus, en daaroor is ek bly. En ek sal aanhou om bly te wees, want julle bid vir my, en die Gees van Jesus Christus help my. Daarom weet ek dat God alles wat gebeur, sal gebruik om my te red.
FILIPPENSE 1:18-19 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar wat maak dit? In alle geval, op allerlei wyse, of dit onder 'n skyn of in waarheid is, word Christus verkondig; en hierin verbly ek my en sal ek my ook verbly. Want ek weet dat dit deur julle gebed en die ondersteuning van die Gees van Jesus Christus my tot heil sal strek
FILIPPENSE 1:18-19 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar wat maak dit saak? In elk geval, of dit met bybedoelings is of in opregtheid, op allerhande maniere word Christus bekend gemaak, en daaroor is ek bly. En ek sal my ook verder verbly, want ek weet dat alles op my redding sal uitloop omdat julle vir my bid en die Gees van Jesus Christus my bystaan.
FILIPPENSE 1:18-19 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Wat maak dit egter saak? In elke geval, of dit met bybedoelings of in waarheid is, word Christus verkondig – en daaroor is ek vol blydskap. Ja, ek sal voortdurend bly wees, want ek weet dat dit alles tot my verlossing sal lei, omdat julle vir my bid, en die Gees van Jesus Christus my ondersteun.
FILIPPENSE 1:18-19 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Wat dan? nieteenstaande, op elke manier, hetsy in voorgee of in waarheid, word Christus verkondig; en daarin is ek bly, ja, en ek sal bly wees. Want ek weet dat dit tot my redding sal lei deur julle gebed en die voorsiening van die Gees van Jesus Christus
FILIPPENSE 1:18-19 Die Boodskap (DB)
Maar wat maak dit nou alles saak? Vir my is die belangrikste dat mense van Christus moet hoor. Dit maak eintlik nie soveel saak of mense met skoon bedoelings ander mense van Jesus vertel of nie. Solank dit net gedoen word, maak dit my hart al klaar bly. En dit is nie al wat my bly maak nie. Ek weet dat julle vir my bid en dat die Gees van Jesus Christus vir my gee wat ek nodig het. Daarom het ek geen twyfel dat alles uiteindelik vir my goed sal afloop nie.
FILIPPENSE 1:18-19 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Maar wat maak dit saak? Of hulle motiewe nou onsuiwer of suiwer is – die feit is dat Christus op allerhande maniere verkondig word, en daaroor is ek baie bly! My blydskap sal ook voortduur, want ek weet dat deur julle voorbidding en die hulp van die Gees van Jesus Christus alles op my vrylating sal uitloop.