FILEMON 1:12-18
FILEMON 1:12-18 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek het hom na jou teruggestuur, hy wat my eie hart is! Ek wou hom graag by my hou, sodat hy my in jou plek kon dien, terwyl ek ter wille van die evangelie in boeie is. Maar sonder jou instemming wou ek niks doen nie, sodat jy jou goeie daad nie uit dwang nie, maar vrywillig sal doen. Dalk was hy juis om hierdie rede 'n rukkie lank van jou af weg, sodat jy hom vir altyd kan terugkry, nie langer as 'n slaaf nie, maar meer as 'n slaaf, as 'n geliefde broer – in die besonder vir my, hoeveel te meer dan vir jou – liggaamlik, sowel as in die Here. Indien jy my as deelgenoot beskou, verwelkom hom asof dit ek is. En as hy jou enige skade berokken het of jou iets skuld, sit dit op my rekening.
FILEMON 1:12-18 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Ek stuur hom na jou toe terug. Hy is my hart se punt. Eintlik sou ek, terwyl ek in boeie is omdat ek die Goeie Nuus verkondig, hom graag hier by my wou hou sodat hy my namens jou kan help. Ek wou egter eers met jou daaroor praat sodat die goeie dinge wat jy doen, nie afgedwing word nie, maar vrywillig kan wees. Dalk móés Onesimus ’n rukkie van jou af weg wees sodat jy hom vir ewig kan terugkry, nie langer as ’n slaaf nie, nee, méér as ’n slaaf, as ’n geliefde broer! Dis wat hy veral vir my beteken; hoeveel te meer sal hy as mens én as Christen, dit nie vir jou beteken nie! Aangesien jy my dan as vennoot beskou, verwelkom hom soos jy my sou verwelkom. As hy jou enige skade aangedoen het, of jou iets skuld, sit dit op my rekening.
FILEMON 1:12-18 Bybel vir almal (ABA)
Ek het hom na jou toe gestuur, hy is vir my baie kosbaar. Ek wou hom by my hou sodat hy vir my kon help. Jy kan nie vir my help nie, want ek is in die tronk omdat ek vir mense die goeie boodskap gebring het. Maar ek wou niks doen nie, ek wou weet dat jy ook dink dit is reg. Dan kon jy 'n goeie ding doen, nie omdat iemand gesê het jy moet dit doen nie, maar omdat jy self lus was om dit te doen. Want miskien is dit hoekom Onesimus 'n kort tyd weg was van jou. Hy was weg sodat jy hom vir altyd kan terugkry. En nou kry jy hom terug, en hy is nie meer 'n slaaf nie, hy is nou iemand wat meer is as 'n slaaf. Ja, hy is 'n vriend, ek is baie lief vir hom. Maar jy is baie meer lief vir hom, want hy is nog jou slaaf en hy behoort nou ook aan die Here. Wanneer jy aan my gedink het, dan het jy altyd geweet dat ek saam met jou vir die Here werk. Daarom moet jy vir Onesimus aanvaar soos jy vir my aanvaar het. Maar as hy iets verkeerd gedoen het teen jou of as hy iets vir jou skuld, dan moet jy dit vir my sê. Dan skuld ek dit vir jou.
FILEMON 1:12-18 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
maar neem jy hom, dit is my eie hart, aan. Ek wou hom by my hou, sodat hy my in die boeie van die evangelie in jou plek kan dien. Maar sonder jou goedkeuring wou ek niks doen nie, sodat jou goedheid nie uit dwang sou wees nie, maar uit vrye keuse. Want miskien is hy om hierdie rede 'n tydjie van jou geskei, dat jy hom vir altyd kan besit, nie meer as 'n slaaf nie, maar méér as 'n slaaf, as 'n geliefde broeder in die vlees sowel as in die Here, veral vir my, hoeveel te meer vir jou. As jy my dan vir 'n metgesel hou, neem hom aan net soos vir my. En as hy jou benadeel het of iets skuld, sit dit op mý rekening
FILEMON 1:12-18 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek stuur hom na jou toe terug, en my hart gaan saam met hom. Wat my betref, ek sou hom graag by my wou hou, sodat hy my in jou plek kan dien terwyl ek ter wille van die evangelie 'n gevangene is. Maar ek wou niks sonder jou instemming doen nie, sodat jou weldaad nie uit dwang sou wees nie, maar uit vrye keuse. Miskien was hy 'n kort tydjie van jou af weg juis sodat jy hom vir altyd sou terugkry, nou nie langer net as 'n slaaf nie, maar meer as 'n slaaf: as 'n geliefde broer. Dit is hy besonderlik vir my; hoeveel te meer sal hy dit dan nie vir jou wees nie, as mens en as broer in die Here. Dus, as jy my as deelgenoot in die geloof beskou, ontvang hom net soos jy my sou ontvang. As hy jou enige skade aangedoen het of iets skuld, sit dit op my rekening.
FILEMON 1:12-18 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Wat ek weer gestuur het; neem dan hom aan, dit is my eie ingewande. Wat ek by my sou behou het, sodat hy my in die boeie van die evangelie kon bedien het. Maar sonder u verstand sou ek niks doen nie; dat u voordeel nie as 't ware uit nood sou wees nie, maar gewillig. Want miskien het hy dan vir 'n tyd weggegaan, dat U hom vir ewig sou aanneem; Nie nou as 'n dienskneg nie, maar bo 'n dienskneg, 'n geliefde broeder, veral vir my, maar hoeveel te meer vir jou in die vlees sowel as in die Here? As jy my dan 'n vennoot ag, neem hom aan soos myself. As hy jou onreg aangedoen het of jou skuld verskuldig is, sit dit op my rekening
FILEMON 1:12-18 Die Boodskap (DB)
Daarom stuur ek hom na jou toe terug. Dit voel vir my of ’n deel van my hart uitgeruk is en saam met hom teruggaan. Ek sou Onesimus bitter graag hier by my wou hou. As hy hier gebly het, kon hy my in jou plek bygestaan het. Want, soos jy weet, gaan my sendingwerk voort selfs terwyl ek ter wille van die evangelie in die tronk is. Maar ek wou hom nie sonder jou toestemming hier hou nie. As ek Onesimus hier gehou het, sou jy verplig gewees het om dit so te aanvaar, maar dan sou ek nie reg opgetree het nie. Jy moet self daaroor besluit. Dit is eintlik goed dat jy Onesimus so ’n rukkie lank verloor het. Nou kry jy hom vir altyd terug. En gelukkig ook op ’n heeltemal ander manier as wat jy gedink het. Nie meer as ’n slaaf nie. Nee, hy is nou baie meer as dit. Jy kry Onesimus nou terug as jou broer in die Here; as iemand vir wie jy baie lief moet wees. Onesimus was ’n wonderlike broer vir my terwyl hy saam met my in die tronk was; hoeveel te meer sal hy dit nie vir jou wees nie. Jy kry nou ’n splinternuwe mens en ’n broer in die Here terug. Filemon, as jy my as jou vriend en medestryder in die evangelie beskou, moet jy Onesimus ook as jou vriend beskou. Ontvang hom presies net soos jy my sou ontvang. As hy vroeër iets daar by jou gevat het, of as hy jou nog enige geld skuld, moet jy dit maar op my rekening sit.