FILEMON 1:1-2
FILEMON 1:1-2 Bybel vir almal (ABA)
Ek, Paulus, is nou in die tronk omdat ek aan Christus Jesus behoort. Ek en ons vriend Timoteus skryf hierdie brief vir jou, Filemon. Jy werk saam met ons vir God, en ons is lief vir jou. Ons skryf ook vir Affia. Sy glo saam met ons in Christus. Ons skryf ook vir Argippus wat baie hard saam met ons gewerk het. Ons skryf ook vir die gemeente wat in jou huis bymekaarkom.
FILEMON 1:1-2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
PAULUS, 'n gevangene van Christus Jesus, en die broeder Timótheüs, aan Filémon, die geliefde en ons mede-arbeider, en aan Áppia, die geliefde suster, en aan Archíppus, ons medestryder, en aan die gemeente wat in jou huis is
FILEMON 1:1-2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Van Paulus, 'n gevangene ter wille van Christus Jesus, en van ons broer Timoteus. Aan Filemon, ons vriend en medewerker, en aan ons suster Affia en aan Argippus, ons medestryder, en aan die gemeente wat gereeld in jou huis bymekaarkom.
FILEMON 1:1-2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Paulus, die gevangene van •Christus Jesus, en ons broer Timoteus, aan ons geliefde medewerker Filemon, en ook aan ons suster Affia en ons medestryder Argippus, en die •gemeente wat in jou huis saamkom
FILEMON 1:1-2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Paulus, 'n gevangene van Jesus Christus, en Timoteus, ons broer, aan Filemon, ons dierbaarste geliefde en medearbeider, En aan ons geliefde Appia en Arippus, ons medesoldate, en aan die gemeente in jou huis
FILEMON 1:1-2 Die Boodskap (DB)
Van Paulus. Ek is op die oomblik in die tronk omdat ek die goeie nuus oor Jesus Christus bekendmaak. Timoteus, my broer in die Here, is ook hier by my. Ek skryf hierdie brief aan jou, Filemon, my liewe vriend wat saam met my in die Here se diens staan. En ook aan Affia, ons suster in die Here. En aan Argippus, wat hard saam met ons veg in die Here se werk. Ook aan almal in die gemeente wat gereeld daar in jou huis bymekaarkom.
FILEMON 1:1-2 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hierdie brief kom van Paulus. Ek is ’n gevangene ter wille van Christus Jesus. Ons broer Timoteus skryf hierdie brief saam met my. Ons skryf aan Filemon, ons geliefde vriend en medewerker, asook aan ons suster Affia, aan Argippus, ons medesoldaat, en aan die gemeente wat in jou huis bymekaarkom.