NUMERI 9:15
NUMERI 9:15 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die dag toe die tabernakel, die tent met die getuienis, opgerig is, het 'n wolk dit oordek. In die aand het die wolk oor die tabernakel soos vuur geword en dit het so gebly tot die môre toe.
NUMERI 9:15 Bybel vir almal (ABA)
Toe Moses die tempel-tent opgeslaan het, het 'n wolk die tempel-tent toegemaak, die tent waarin die tien gebooie was. Die wolk was van die aand tot die oggend oor die tempel-tent, dit het gelyk soos vuur.
NUMERI 9:15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN op die dag toe hulle die tabernakel opgerig het, het die wolk die tabernakel van die tent van die Getuienis oordek, en in die aand was dit oor die tabernakel soos 'n gedaante van vuur, tot die môre toe.
NUMERI 9:15 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die dag toe die tabernakel, die tent met die getuienis, opgerig is, het 'n wolk dit oordek. In die aand het die wolk oor die tabernakel soos vuur geword en dit het so gebly tot die môre toe.
NUMERI 9:15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die dag toe die •tabernakel opgerig is, het 'n wolk die tabernakel, die tent met die Getuienis, oordek. In die aand was dit bo die tabernakel asof met die glans van vuur, tot die volgende oggend.
NUMERI 9:15 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En op die dag dat die tabernakel opgerig is, het die wolk die tabernakel, naamlik die tent van die Getuienis, oordek
NUMERI 9:15 Die Boodskap (DB)
Die dag toe die tabernakel, die tent waar die Here aanbid word, vir die eerste keer opgeslaan is, het daar ’n wolk gekom wat die hele tent soos ’n seil toegemaak het. Die wolk het elke dag en elke nag daar bly hang. Die enigste verskil was net dat die wolk in die aand soos ’n vuur gelyk het.